Cleveland, Johannesburg
Cleveland is 'n voorstad van Johannesburg, 8 km oos van die stadsaal.
Cleveland | |
---|---|
Cleveland Cleveland se ligging in Gauteng | |
Koördinate: 26°12′27″S 28°06′46″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Stigting | 1903 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,77 km2 (0,30 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 341 |
• Digtheid | 3 040/km2 (7 900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0,9% |
• Indiërs/Asiërs | 0,1% |
• Bruin mense | 1,6% |
• Swart mense | 97,4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 54,1% |
• Xhosa | 10,0% |
• Noord-Sotho | 6,7% |
• Tsonga | 6,0% |
• Ander | 19,4% |
Poskode (strate) | 2094 |
Poskode (posbusse) | 2022 |
Dis geleë aan die spoorlyn na Germiston, oos van Denver, suid van Malvern en wes van Malvern-Oos, 'n voorstad van Germiston. Die noordwestelike deel van die voorstad bestaan uit nederige woonhuise, meestal in 'n vervalle toestand, en die ooste en suide uit nywerheidspersele. Die spoorlyn en Hoofrifweg sny Cleveland in twee.
Amerikaanse mynboumasjieneriefirmas het hul bergpersele en bouterreine reeds sedert 1903 in Cleveland en Denver gehad; daarom is albei voorstede na Amerikaanse stede, Cleveland in Ohio en Denver in Colorado, genoem. Soos talle voorstede wes en noordwes van Cleveland is dit op die oorspronklike plaas Doornfontein geleë.
Volgens die sensus van 2011 het Cleveland destyds 2 280 swart inwoners uit 'n totaal van 2 341 gehad. Net 37 was bruin, 20 wit en 2 Asies of Indiërs, terwyl een hom of haar as "ander" geklassifiseer het.[2] In die sensus van 2001, toe die voorstad se grense ietwat anders was, was van die totale bevolking van 1 123 1 003 swart, 48 wit, 42 Asies of Indiërs en 30 bruin.[3]
Verwysings
- "Subplek Cleveland". Sensus 2011.
- (en) Die sensussyfers soos weergegee deur Adrian Frith. URL besoek op 6 November 2017.
- (en) Die sensussyfers soos weergegee deur Adrian Frith. URL besoek op 6 November 2017.
Bronne
- (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1971. Standard Encyclopaedia of Southern Africa, volume 3. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).