Citroën Rosalie

Die Citroën Rosalie is 'n motor van die Franse motorvervaardiger Citroën, wat tussen 1932 en 1938 gebou is. Die oorspronklike Rosalie was 'n liggewig renvoertuig wat op die Linas-Monthléry-baan verskeie suksesse behaal het. Die Rosalie vir daaglikse gebruik is gebou in drie hoofvariante met verskillende groottes en enjins, met 'n belastingvermoë van 8CV, 10CV en 15CV. Die 15CV was 'n sessilinderenjin, die ander twee was viersilinders.

Citroën Rosalie
Oorsig
Vervaardiger Citroën
Produksie 1932-1938
8CV: 38 835
10CV: 49 249
15CV: ~25 000
Montering  Frankryk: Parys
Bakwerk en onderstel
Klas Mediumgroot (E-segment)
Bakstyl 4-deur sedan
Uitleg voorenjin, agterwielaangedrewe
Spesifikasies
Enjin(s)
  • 1452 cc I4 (8CV)
  • 1767 cc I4 (10CV)
  • 2650 cc I6 (15CV)
Ratkas 3-gang handrat
Lengte 4 270 mm (8CV)
4 570 mm (10CV)
4720 mm (15CV)
Plek in geskiedenis
Voorganger Citroën C4 en Citroën C6
Opvolger Traction Avant

Met hul bekendstelling het die groter Rosalies die C4 en C6 vervang wat sedert 1928 en 1929 op die mark was. Die groter Rosalies, veral die 15CV-modelle, was beskikbaar met verskillende bakwerke en binne-afwerking. Die voorkoms van die Rosalie was 'n aansienlike verbetering teenoor die C4 en C6, maar veral Citroën se produksietegnologie was baanbrekerswerk. André Citroën is in 1912 geïnspireer tydens sy besoek aan Henry Ford se motorfabriek in Highland Park, en in 1932 was Citroën steeds 'n leier in die vervaardiging van vervoerbandmotors in Europa. Die Rosalies was mededingend geprys, maar tog baie winsgewend.

In 1934 is alle produksielyne van die Rosalie aangepas weens 'n opkikkering van die voorste rooster. Die weergawes na hierdie aanpassing staan bekend as die NH-weergawes. [1]

8CV

Die 8CV was die kleinste weergawe van die Rosalie. Dit was toegerus met 'n viersilinderenjin van 1452 cc en agterwielaandrywing. Dit is aangedryf deur 'n drie-handratkas, en het trommelremme aan al die wiele gehad. Die motor was 4,27 meter lank en het 'n topsnelheid van 90 kilometer per uur bereik.

10CV

Die 10CV was die gemiddelde grootte, met 'n viersilinderenjin van 1767 cc. Citroen beweer dat die motor 'n snelheid van 100 kilometer per uur kon haal. Met 'n lengte van 4,57 meter was hierdie motor langer as die 8CV, en hy het ook 'n kragtiger enjin. In byna elke ander tegniese opsig was die motor identies aan die 8CV. Kommersieel was hy 'n groot sukses. Dit is in baie meer weergawes beskikbaar, waaronder die Rosalie 10CV Légère, 'n ligter variant, wat volgens die fabriek vinniger was.

15CV

Die 15CV was die grootste variant, toegerus met 'n sessilinderinlynenjin van 2650 cc. Weens die lengte van hierdie enjin moes die motor 'n groter enjinkompartement hê, wat hierdie model selfs 4,72 meter lank maak. Baie verskillende bakopsies was beskikbaar, waaronder 'n bak met ligter dele, wat 'n topsnelheid van 120 kilometer per uur gehaal het. Vir die Berline- /sedanweergawes was die topsnelheid 115 kilometer per uur.

7UA en 11UA

Kort nadat die eerste Traction Avants aan die Franse pers bekendgestel is, het Citroën besluit om die produksie van die Rosalie te staak. Citroën het alle beskikbare kragte nodig gehad om die 7A te vervaardig. Gevolglik was daar benewens André Citroën se nuwe vertoonstuk eintlik geen toekoms vir 'n agterwielaangedrewe motor nie. Die produksie van die Rosalie (reeks B), met die soorte 8CV, 10CV en 15CV, is gestaak en in September 1934 rol die laaste Rosalie van die monteerlyn. Die matrysvorms is egter behou, wat blykbaar 'n verstandige besluit was.

'n Hele nuwe periode breek nou by Citroën aan; dié van die voorwielaandrywing Traction Avant. Die eerste tipe het egter te kampe gehad met verskeie tandekryprobleme. As gevolg hiervan, in die herfs van 1934, is die kortstondige sukses van die Traction Avant gevolg deur baie probleme en daarom klagtes van eienaars. In dieselfde tydperk is Citroën geteister deur ernstige finansiële probleme. Die eerste duisend Type 7 Traction Avants het almal met hul konstantespoedkoppelings gesukkel, asook feilbare kruiskoppelings.[2] Dit geld ook vir die eksperiment met die outomatiese ratkas, waarmee die trekkrag volgens André Citroën se idees uitgevoer moes word. Die ontwikkelde stelsel het nie gewerk nie, wat baie kapitaal vermors het.

Bankrotskap en oorname

Verskaffers het begin aandring op die betaling van hul uitstaande rekeninge. Op 21 Desember 1934 word bankrotskap amptelik verklaar, waarna André Citroën ná 'n paar besprekings gedwing is om sestig persent van sy aandeelpakket aan Michelin as sy grootste krediteur oor te dra. Na die oorname van Michelin by die fabriek, is besluit om die produksie vol te hou langs die monteerlyn van die Traction Avant. Terselfdertyd was dit moontlik om te reageer op die meer konserwatiewe klante wat 'n voorwielaangedrewe motor te modern gevind het.

Nota's

  1. NH staan vir Nouvelle Habillage, wat letterlik "Nuwe Kleding" beteken.
  2. Hy sou later volhou dat bepaalde tegnici van Citroën die produksie van die dryfasse gesaboteer het waardeur die fabriek uiteindelik van sy patent afgesien het.


Citroën
In produksie: Berlingo  C1  C3  C4  C4 Cactus  C5  DS3  DS 4  DS 5  C-Elysée  Jumpy  Jumper  C-Triomphe

Histories: Tipe A  C2  2CV  Acadiane  Ami 6  Ami 8  Ami Super  Axel  AX  BX  CX  C25  C35  Dyane  DS  ID  Evasion  GSA  H Van  LN  LNA  M35  Rosalie  Saxo  SM  TUB  Visa  XM  Xantia  Xsara  ZX

Citroën-webwerf

Wysig hierdie sjabloon
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.