Citroën CX
Die Citroën CX was 'n groot voorwielaangedrewe uitvoerende motor wat van 1974 tot 1991 deur Citroën vervaardig en bemark is. Produksiemodelle het 'n vierdeur-vloeirugsedan, stasiewa (estate), en 'n langasafstand limousine ingesluit.
1983 Citroën CX Prestige | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Citroën |
Produksie | 1974–1991 |
Montering | Aulnay-sous-Bois, Frankryk [1] Arica, Chili Vigo, Spanje |
Ontwerper | Robert Opron Geoff Matthews |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Middelgroot (E-segment) |
Bakstyl | 4-deur vloeirug 5-deur estate |
Uitleg | voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 2.0L I4 2.2L I4 2.3L I4 2.4L I4 2.5L diesel I4 |
Ratkas | 4- of 5-gang handratkas 3-gang outomaties 3-gang semi-outomaties |
Lengte | 4666 mm[2] |
Breedte | 1730 mm |
Hoogte | 1360 mm |
Massa | 1265 - 1520 kg |
Asafstand | 2845 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Citroën DS |
Opvolger | Citroën XM |
Die CX was bekend vir sy hidropneumatiese self-nivellerende veringstelsel en sy lae sleurkoëffisiënt.
Die CX is in 1975 as die "Europese Motor van die Jaar" aangewys, en is deur sommige entusiaste as die laaste "egte Citroën" beskou voor Peugeot in 1976 beheer oor die maatskappy verkry het.[3][4] Die CX was dan ook die finale suksesvolle model van die "groot Citroën"-era, wat terugdateer tot 1934.
Verwysings
- Citroën GS: Citroen build with care. Slough: Citroen Cars Ltd (UK). Augustus 1976.
- Eicker, Helmut (8 Junie 1977). "Fahrbericht: Citroen CX 2400 GTi". Auto, Motor und Sport. Vol. Heft 12 1977. pp. 82–89.
- "The Citroën XM Came With A Hidden Trick Window". Jalopnik (in Engels). Besoek op 4 Junie 2020.
- International integration, market structure, and prices Af Yves Bourdet, p. 108
Citroën
|
|||
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe
|
|||
Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX | |||
Wysig hierdie sjabloon |