Citroën C4 Cactus
Die Citroën C4 Cactus is 'n klein gesinsmotor vervaardig deur die Franse motorvervaardiger Citroën in Spanje. Die C4 Cactus word beskou as 'n C-segmentmotor in Europa, hoewel dit gebaseer is op die klein PF1 platform wat die Citroën C3 en DS3 onderlê. 'n Unieke ontwerpfunksie is die "Airbump"-panele aan die motor se sye, wat ontwerp is om die voertuig te beskerm teen skade in parkeerareas. Hulle is beskikbaar in kontrasterende kleure.
Citroën C4 Cactus in "Chocolate Airbump" kleure | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Citroën |
Produksie | 2014- |
Modeljare | 2015- |
Montering | Madrid, Spanje |
Ontwerper | Mark Lloyd |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Klein gesinsmotor (C-segmentmotor) |
Bakstyl | 5-deur Oorkruis SNV luikrug |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Platform | PSA PF1 platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.2 L I3 (petrol), ook turbo 1.6 L I4 (diesel) |
Ratkas | 5- of 6-gang handrat 5- of 6-gang semi-outomaties |
Lengte | 4157 mm |
Breedte | 1729 mm |
Hoogte | 1480 mm uitgesluit dakrak |
Asafstand | 2595 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Citroën C3 Citroën DS3 Peugeot 208 |
Produksie en verkope
Produksie het in die lente van 2014 begin in PSA se Villa Verde-fabriek in Madrid, Spanje met verkope wat in Frankryk begin het in Junie 2014. Dit is 'n 5-deur Oorkruis SNV luikrug in Touch, Feel en Flair-afwerkingsvlakke en word aangedryf deur 1.2 L I3 petrol en 1.6 L I4 dieselenjins.[1][2]
Verwysings
- http://www.citroen.fr
- Catalogue de la Revue Automobile 2014 ISBN 978-3-613-30768-1 bladsy 180
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Citroën C4 Cactus.
Citroën
|
|||
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe
|
|||
Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX | |||
Wysig hierdie sjabloon |