Citroën C1
Die Citroën C1 is 'n stadsmotor wat deur die Franse vervaardiger Citroën vervaardig word sedert Junie 2005. Die C1 is ontwikkel as deel van die B-Zero projek deur PSA Peugeot Citroën in 'n gesamentlike onderneming met Toyota. Die Peugeot 107 is identies aan die C1 behalwe vir die voorste buffer en die voor- en agterligte, terwyl die Toyota Aygo effens meer gedifferensieer is maar nog steeds baie dieselfde lyk.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Citroën |
Ook genoem | Peugeot 107 Toyota Aygo |
Produksie | 2005– 2014 |
Montering | Kolín, Tsjeggiese Republiek (Toyota Peugeot Citroën Automobile Czech) |
Ontwerper | Donato Coco |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Stadsmotor |
Bakstyl | 3-deur luikrug 5-deur luikrug |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.0 L Toyota 1KR-FE I3 (petrol) 1.4 L Ford DV4 I4 (diesel) |
Ratkas | 5-gang handrat 5-gang semi-outomaties |
Lengte | 3435 mm |
Breedte | 1630 mm |
Hoogte | 1468 mm |
Massa | 805 kg (1775 lb) |
Asafstand | 2340 mm |
Plek in geskiedenis | |
Opvolger | C1 II |
Al die modelle word by die nuwe fasiliteit van die gesamentlike onderneming TPCA (Toyota Peugeot Citroën Automobile) in die stad van Kolín in die Tsjeggiese Republiek gebou. Die projek is by die Geneefse Motorskou bekendgestel in 2005. Die motors is viersitplek, driedeur- of vyfdeur- luikrugmotors wat almal 3,40 meter lank is. Die bakwerk is deur Donato Coco ontwerp.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Citroën C1.
Citroën
|
|||
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe
|
|||
Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX | |||
Wysig hierdie sjabloon |