Cincinnati
Cincinnati is 'n stad in die suidweste van die Amerikaanse deelstaat Ohio, teenaan die Ohiorivier. Dit is 'n belangrike nywerheidstad en die derde grootse stad in dié deelstaat. Die stad het 'n bevolking van 333 336 in 2008 gehad.[1]
Cincinnati | |||
|
|||
|
|||
Bynaam: The Queen City, Cincy | |||
Leuse: Juncta Juvant | |||
Land | Verenigde State | ||
---|---|---|---|
Deelstaat | Ohio | ||
Distrik | Hamilton | ||
Regering | |||
- Burgemeester | Mark L. Mallory (D) | ||
Oppervlakte | |||
- Totaal | 206,1 km² (79,6 myl²) | ||
Bevolking (2008) | |||
- Totaal | 333 336 | ||
- Digtheid | 1 650,2/km² (4 274/myl²) | ||
Areakode(s) | 513 | ||
Webwerf: www.cincinnati-oh.gov |
Demografie
2000
In 2000 het die stad 'n bevolking van 331 285 gehad: 52,97% wit, 42,92% swart of Afro-Amerikaans, 0,21% Amerikaanse inboorlinge, 1,55% Asiaties, 0,04% Pasifiese eilanders, 0,63% van ander rasse en 1,68% van twee of meer rasse. Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 1,28% van die bevolking uitgemaak.
2007
Die bevolking van die stad in 2005 was omtrent 52,0% wit (49,3% nie wit Spaans-Amerikaners nie), 46,5% swart of Afro-Amerikaans, 0,9% Amerikaanse inboorlinge, 2,0% Asiaties, 1,0% van ander rasse en 2,4% van twee of meer rasse. Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 1,7% van die bevolking uitgemaak.
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cincinnati.
- (en) Amptelike webwerf