Chronos

Chronos (Grieks: Χρόνος) was in die Griekse mitologie die verpersoonliking van tyd. Hy is beskou as ’n onstoflike god met ’n slangagtige vorm en drie koppe – dié van ’n man, ’n bul en ’n leeu. Hy en sy vrou, die slang Ananke (Onvermybaarheid), het om die oorspronklike wêreldeier geseil en dit verskeur om die geordende heelal van die aarde, see en lug te vorm.

Chronos aan die slaap op ene Georg Wolff se graf.

Chronos word gewoonlik uitgebeeld as ’n wyse ou man met ’n lang, grys baard, soos Vader Tyd. Hy moet nie met die Titaan Kronos verwar word nie.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Chronos
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.