Christopher Lambert

Christopher Lambert (geb. 29 Maart 1957)[1] is ’n Amerikaans gebore Franse akteur wat in Amerikaanse, Franse en ander Europese produksies speel. Hy is die bekendste vir sy rol as Connor MacLeod in die rolprent Highlander en die opvolgprente daarvan. Hy is ook bekend as Tarzan in Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes en as die god van donder Raiden in die eerste rolprentweergawe van die videospeletjie Mortal Kombat. Sy naam word in internasionale produksies aangegee as Christopher Lambert, maar in Franssprekende lande as Christophe Lambert.

Christopher Lambert
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Lambert in 2009 by die Venesiese Filmfees.

Geboortenaam Christophe Guy Denis Lambert
Geboorte 29 Maart 1957
New York, VSA
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1978-tans
Rolprente Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes (1984)
Highlander (1986)
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Rolprentpryse
PrysJaarKategoriePrent
Gewen
César-prys1986Akteur*Subway
*As Christophe Lambert

Vroeë lewe

Lambert is in New York gebore as Christophe Guy Denis Lambert.[1] Sy pa was ’n diplomaat in die Verenigde Nasies. Lambert het in Genève, Switserland, grootgeword en op 16 na Parys, Frankryk, getrek.

Loopbaan

Nadat hy in verskeie byrolle in Franse rolprente verskyn het, het Lambert internasionaal bekend geword toe die regisseur Hugh Hudson hom die rol van Tarzan gee in die prent Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes (1984). In dieselfde jaar het hy sy eerste hoofrol in ’n Franse prent gespeel – saam met Catherine Deneuve in Paroles et Musique. In 1985 het Lambert die manlike hoofrol gespeel in Luc Besson se Subway, waarvoor hy die volgende jaar ’n César-prys vir beste akteur gewen het.[2] Highlander (1986), waarin hy die rol van Connor MacLeod vertolk, was ’n internasionale sukses en sy bekendste prent. Hy het in al drie opvolgprente verskyn en het ’n kameerol gehad in die loodsepisode van die Highlander-televisiereeks.

The Sicilian, met Michael Cimino as regisseur en Lambert in die rol van Salvatore Giuliano, is in 1987 uitgereik en was minder suksesvol as sy vorige prente. Dit het gemiddelde resensies gekry en net ’n klein wins gemaak. To Kill a Priest, waarin hy ’n karakter speel wat op Jerzy Popiełuszko gebaseer is, het goeie resensies gekry, maar was ’n finansiële mislukking. Lambert het ingestem om in die eerste Highlander-opvolg, Highlander II: The Quickening, te speel. Die prent het nie goed gevaar nie.[3]

In die 1990's het Lambert in aksie-, riller- en wetenskapsfiksieprente soos Knight Moves (1992), Fortress (1993), Gunmen (1994) en Mean Guns (1997) gespeel, asook in die Italiaanse produksie Nirvana (1997). Hy het ook in prente met ’n klein begroting gespeel wat swak gevaar het en van sy prente is direk op video uitgereik.[4][5] Hy was ook in ’n paar Franse prente soos Max et Jérémie (1992) te sien.

In 1995 het hy die god van donder Raiden in ’n rolprentweergawe van die videospeletjie Mortal Kombat gespeel. Hy wou ook in die vervolg speel, maar is verhinder deur sy werk aan die prent Beowulf (1999). In 2001 het hy die rol van die kaptein Vercingetorix in die Frans-Kanadese produksie Druids vertolk. Die prent was ’n finansiële mislukking.[6]

Lambert was ook die vervaardiger van Franse prente soos Patrick Braoudé se Génial, Mes Parents Divorcent (1990) en Neuf Mois (1994).[7]

In 2009 was hy in Claire Denis se White Material; beide die prent en Lambert se toneelspel is deur resensente geprys.[8][9][10]

Persoonlike lewe

Lambert was van Oktober 1988[11] tot in 1994 getroud met Diane Lane. Hulle het ’n dogter, Eleanor Jasmine.[1] Hy is op 6 Februarie 1999 met Jaiymse Haft getroud.[1] Sedert 2007 was hy in ’n verhouding met Sophie Marceau, saam met wie hy in die prent Trivial was.[12] Hulle is in 2012 getroud.[13]

Lambert is erg bysiende en kan nie sonder sy bril sien nie. Omdat hy nie kontaklense kan dra nie, speel hy soms toneel terwyl hy feitlik blind is. Hy is verskeie kere beseer terwyl hy sy eie waagtoertjies sonder ’n bril gedoen het.[14] Daar word soms beweer sy bysiendheid maak hom aantrekliker omdat dit ’n sekere sjarme verleen aan die manier waarop hy na mense kyk.[15]

Lambert het ’n mineraalwater-onderneming, ’n voedselverwerkingsfabriek en ’n wynmakery saam met ’n vennoot. Hul wyn, Les Garrigues de Beaumard-Lambert, word hoofsaaklik in Europa verkoop.[16]

Hy is ook die enigste eienaar van Lamb Bear Productions. Die naam is ’n woordspeling op sy van, wat "Lamb-bear" uitgespreek word.

Filmografie

JaarTitelRolNotas
1979Ciao, les mecsUn loubard à la soirée dansanteAs Christophe Lambert
1980The Telephone BarPaul "Bébé" FranchiAs Christophe Lambert
1981DouchkaTV-prent
AsphaltUn médecin à l'hôpital / Die dokterAs Christophe Lambert
Une sale affaireMullardAs Christophe Lambert
Putain d'histoire d'amourPolisie-inspekteurAs Christophe Lambert
1982Légitime violenceJoggieAs Christophe Lambert
Cinéma 16MarcelTV (1 episode)
1984Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the ApesJohn Clayton / Tarzan
1985Paroles et musiqueJeremyAs Christophe Lambert
SubwayFredCésar-prys vir beste akteur; as Christophe Lambert
1986HighlanderConnor MacLeod / Russell Nash
I Love YouMichelAs Christophe Lambert
1987The SicilianSalvatore Giuliano
1988Love DreamMenrou
To Kill a PriestVader Alek
1990Why Me?Gus Cardinale
1991Highlander II: The QuickeningConnor MacLeod
1992Knight MovesPeter Sanderson
1992Highlander: The SeriesConnor MacLeodTV (een episode)
1992Max & JeremieJeremie KolachowskyAs Christophe Lambert
1992GunmenDani Servigo
1993FortressJohn Henry Brennick
1994RoadflowerJack
1994Highlander III: The SorcererConnor MacLeod / Russell Nash
1995The HuntedPaul Racine
1995Mortal KombatLord Raiden
1996North StarHudson SaanteekAs Christophe Lambert
1996Adrenalin: Fear the RushLemieux
1996Hercule et SherlockVincentAs Christophe Lambert
1997NirvanaJimi Dini
1997ArletteFrank MartinAs Christophe Lambert
1997Mean GunsLou
1999Operation SplitsvilleMax
1999ResurrectionJohn Prudhomme
1999BeowulfBeowulf
1999GideonGideon Oliver Dobbs
2000Fortress 2: Re-EntryJohn Henry Brennick
2000Highlander: EndgameConnor MacLeod
2001ApartéKortprent
2001VercingétorixVercingetorixAs Christophe Lambert
2001The Point MenTony Eckhardt
2002The Piano PlayerAlex Laney
2003AbsolonSpeurder Norman Scot
2003Janis and JohnLéon
2004Á ton imageThomas
2005DalidaRichard ChanfrayTV-minireeks
2006Day of WrathRuy de Mendoza
2006Southland TalesWalter Mung
2006Le Lièvre de VatanenTom VatanenAs Christophe Lambert
2007MetamorphosisConstantine Thurzo
2007TrivialJacquesAs Christophe Lambert
2008The ChauffeurDevereaux
2008CartagenaCine NomineThelma Films, Arte France Cinéma
2009White MaterialAndre VialAs Christophe Lambert
2009Les AssociésPhilippe KaminskiTV-prent; ss Christophe Lambert
2009Homme De ChevetLeoAs Christophe Lambert
2010The Secret of the WhalesChris CassellTV-prent
2012Ghost Rider: Spirit of VengeanceMethodius
2012Dark Star Hollow
2012Blood ShotDie president
2012The Foreigner[17]Vincent
2012–2013NCIS: LAChameleon / DeGramontTV-reeks (5 episodes)
3.15: Crimeleon
3.23: Sans Voir (Part I)
3.24: Sans Voir (Part II)
4.01: Endgame
4.24: Descent

Verwysings

  1. "Christopher Lambert Biography (1957-)" (in Engels). FilmReference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 21 Februarie 2013.
  2. César Amptelike webtuiste van die César-pryse, URL besoek op 21 November 2007
  3. Ecranlarge.com – Portrait : Christophe Lambert
  4. "Christopher Lambert interview". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2012. Besoek op 14 Julie 2013.
  5. "What Ever Happened To... Christopher Lambert?". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2008. Besoek op 14 Julie 2013.
  6. Peplums info : Vercingétorix
  7. "Christophe Lambert : portrait d'un acteur français de talent". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2013. Besoek op 14 Julie 2013.
  8. "Review: Running Scared: Claire Denis' White Material" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 18 Januarie 2011.
  9. "How Christophe Lambert went from action flops to arthouse acclaim". The Guardian (in Engels). 17 Junie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2013. Besoek op 26 Maart 2011.
  10. "Rotten Tomatoes" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2019. Besoek op 13 Januarie 2011.
  11. Dougherty, Margot; Hutchings, David (13 Februarie 1989). "Diane Lane, with a New Husband and No Fear of Flying, Takes Wing Again in Lonesome Dove". People (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2016. Besoek op 1 Mei 2008.
  12. Atkinson, Michael (2008). Exile cinema: filmmakers at work beyond Hollywood. SUNY Press. pp. 82–86.
  13. Uit Süddeutsche Magazin
  14. "From Apeman to Mogul" (in Engels). EW.com. 23 September 1993. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2012.
  15. "La Disparue de Deauville". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2012. Besoek op 14 Julie 2013.
  16. "Les Garrigues de Beaumard-Lambert: A Remarkable Wine Pairing" (in Engels). Gayot. 17 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2012. Besoek op 30 September 2008.
  17. "The Foreigner (I) (2012)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 11 November 2012.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.