Christo Wiese
Christoffel H. Wiese (gebore 10 September 1941 op Upington) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman wat sy geld uit die kleinhandel gemaak het. Hy is die voorsitter van Pepkor en het 'n beherende aandeel in Shoprite, Afrika se grootste kleinhandelaar. Hy dien in die direksie van talle maatskappye.[1]
Christo Wiese | |
---|---|
Gebore | Christoffel Hendrik Wiese 10 September 1941 Upington, Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Sakeman |
Kinders | Jacob Wiese, en twee dogters |
Hy het in 1981 Pep Stores gekoop by Renier van Rooyen.[2]
Wiese het aan die Universiteit Stellenbosch studeer en 'n B.A.- en 'n LL.B.-graad verwerf en 'n eredoktorsgraad in die handelswetenskappe ontvang.
Hy is getroud met Caro, dogter van die politikus wyle Japie Basson, en het drie kinders.
Verwysings
- Who's Who SA Geargiveer 15 Augustus 2012 op Wayback Machine, besoek op 11 Augustus 2012
- https://www.netwerk24.com/Sake/Maatskappye/stigter-van-pep-stores-sterf-20181109
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.