Christian Louboutin
Christian Louboutin (Frans: [kʁis.tjɑ̃ lu.bu.tɛ̃]; gebore 7 Januarie 1963) is 'n Franse modeontwerper van kenmerkende en duursame hoëhakskoene met blink, rooi verlakte sole.[1]
Hy begin sy loopbaan as vryskutontwerper vir modehuise, open daarna sy eie skoensalon in Parys, Frankryk, en voorsien skoeisel aan veral beroemdes. Hy sluit vennootskappe met ander organisasies vir kreatiewe projekte, insluitende beperkte-uitgaweskoeisel, galery-uitstallings, en 'n pasgemaakte kroeg. Sy maatskappy brei sedertdien uit na mansskoene, handsakke, parfuum, en grimering.
Verwysings
- Bourgoin, Suzan Michele (2 Desember 1997). Encyclopedia of World Biography (2 uitg.). Gale. ISBN 978-0-7876-2546-7.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Christian Louboutin.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.