Chnoem
Chnoem was in die Egiptiese mitologie een van die vroegste gode, oorspronklik die god van die brom van die Nylrivier. Omdat die jaarlikse vloed van die Nyl die grond weer vrugbaar gemaak het, is geglo hy is die skepper van die liggame van menslike kinders, wat hy op sy pottebakkerswiel van klei gemaak en dit in vroue geplaas het.
Chnoem | |||||
Die god Chnoem is gewoonlik uitgebeeld met die kop van ’n ram. | |||||
Soort god | Egipties | ||||
God van | Die skepping en water | ||||
Naam in hiërogliewe | |||||
Simbool | Pottebakkerswiel | ||||
Ouers | Noe | ||||
Sibbes | Neith | ||||
Metgesel | Satet, Heqet, Menhit en Nebtoe | ||||
Kinders | Soms Serket of Ra | ||||
|
Eienskappe
Chnoem is die derde aspek van Ra. Hy is die god van hergeboorte, die skepping en soms die aandson, hoewel dit gewoonlik die funksie van Atoem was. Die plekke waar hy aanbid is, is beskou as heilig. Hy is soms saam met Anoeket en Satet aanbid as die bewaker van die bron van die Nyl. Kinders is dikwels na hom genoem, met die naam Chnoem-Choefwy – "Chnoem is my Beskermer". Dit was die volle naam van farao Choefoe (Cheops), die bouer van die Groot Piramide van Giza.[1] Chnoem was ook verwant aan die god Min.[2]
Verwysings
- Shaw, Ian. The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. 2000. ISBN 0-19-280458-8
- Bechtel, F. (1907). "Ammon". The Catholic Encyclopedia I. New York: Robert Appleton Company. URL besoek op 2008-03-27.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chnoem.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia