Chloried
'n Chloried is 'n chemiese stof wat chloor in 'n oksidasietoestand van -1 bevat.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Chloried |
Ioonradius | 1,81 Å[1] |
Termochemiese radius | 1,68(19) Å [2] |
Kristalradius | 1,67 Å[1] |
76,2 [S.cm2/mol] [3] | |
Lys van anione |
Dit kan 'n sout wees wat die chloriedioon (Cl−) bevat, soos die bekende natriumchloried NaCl (tafelsout). Dit kan egter ook 'n organiese stof wees waarin waterstofatome deur chlooratome vervang is, soos in chloroform (CHCl3).
Soute
Chloriede van metale het meestal ioniese bindings. Hulle kan beskou word as soute afgelei van waterstofchloried. Die meeste soute is taamlik goed oplosbaar in water. Uitsonderings op hierdie reël is soute soos AgCl, PbCl2 and Hg2Cl2 wat effens kovalent is.
Verwysings
- Database of ionic radii.
- Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
- aqion.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.