Kleinskedebek
Die Kleinskedebek (Chionis minor) is 'n algemene standvoël wat op Marion-eiland en die Prins Edward-eilande nesmaak. In Engels staan die voël bekend as die Black-faced sheathbill.
Kleinskedebek | |
---|---|
Chionis minor | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. minor |
Binomiale naam | |
Chionis minor Hartlaub, 1841 | |
Identifikasie
Die voël word tot 38cm lank en is ietwat plomp, wit met 'n swart snawel. Die bene en gesigsvel is pienk.
Hulle leef as pare of in klein groepies saam digby pikkewynkolonies en op kusgrasvlaktes. Hulle vreet pikkewynkarkasse en eiers asook gebraakte kos wat hulle kry wanneer hulle pikkewyne wat kuikens voer, versteur.
Sien ook
Bron
- Newman se Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Gedenkuitgawe 2010. ISBN 978-1-77007-877-2
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Chionis minor". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.