Chinhoyi

Chinhoyi (vroeër Sinoia) is 'n dorp in die noordweste van Zimbabwe en die hoofstad van die provinsie Masjonaland-Wes. Dit is 116 km noordwes van Harare en 87 km suidoos van Karoi geleë aan die hoofpad wat tot by die grenspos aan die Zambezirivier met Zambië en die Karibameer strek en aan die Lomagundi-syspoorlyn.

Chinhoyi

(vroeër Sinoia)
Chinhoyi is in Zimbabwe
Chinhoyi
Chinhoyi
Koördinate: 17°22′0″S 30°12′0″O
LandVlag van Zimbabwe Zimbabwe
ProvinsieMasjonaland-Wes
Stigting1906
Bevolking
  Totaal56 794
TydsoneUTC+2 (SAT)
  SomertydUTC+1

Die dorp is genoem na hoofman Chinhoyi en het in Julie 1946 dorpstatus verkry. Dit was tot en met die ontwrigting van die vroeë 21ste eeu die middelpunt van 'n vooruitstrewende tabak-, mielie- en beesboerderygebied. Koper en kalksteen word op 'n redelike skaal in die gebied ontgin.

Die dorp se beraamde bevolking was in 2009 60 713, vergeleke met 13 360 volgens die sensus van 1969, waarvan 11 560 swartes, 1 557 wittes en 240 Asiërs en bruines.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.