Chinese Nuwejaar

Die Chinese Nuwejaar,[1] ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar, is ’n belangrike feesdag in moderne China wat aan die begin van die tradisionele Chinese maansonkalender gevier word. Vierings duur gewoonlik van die aand voor die eerste dag tot met die Lanternfees op die 15de dag van die eerste kalendermaand. Die eerste dag van die nuwe jaar val op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. In 2020 was die Maannuwejaar op Saterdag 25 Januarie 2020; dit was die begin van die Jaar van die Rot.

Chinese Nuwejaar
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees  春節
Vereenvoudigde Chinees  春节
PinyinChūnjié


Beskrywing

Leeudans by die Nan Hua-tempel, Bronkhorstspruit, Gauteng, tydens Chinese Nuwejaar op 10 Februarie 2019.
Chinese nuwe jaar in Manchester, die Verenigde Koninkryk
Die deur van ’n huis versier vir die Nuwejaar.
Voorbeeld van 'n hongbao of rooi koevertjie

Die Nuwejaarfees is eeue oud en vind plaas na aanleiding van verskeie mites en gebruike. Die fees was tradisioneel ’n tyd om gode en voorouers te vereer.[2] Die Maannuwejaar word ook in ander Asiatiese lande en gebiede gevier, soos Taiwan, Hongkong, Macau, Singapoer,[3] Indonesië, Maleisië, Korea, Thailand, Viëtnam, Kambodja, Mauritius, Australië,[4] Filippyne.[5][6] en Suid-Afrika.

In China is daar groot verskille tussen die streeksgebruike en tradisies van die viering van die Nuwejaar. Die aand voor die tyd is gewoonlik ’n geleentheid vir Chinese families om byeen te kom vir ’n jaarlikse reünie-ete. Dit is ook tradisie dat die familie hul huis deeglik skoonmaak om slegte geluk weg te vee en plek te maak vir goeie geluk. Vensters en deure word versier met rooi papier en gedigte met gewilde temas soos geluk, rykdom en ’n lang lewe. Ander bedrywighede sluit in klappers skiet en die gee van geld in rooi koeverte. Kluitjies, veral met groentevulsels, is ook gewilde eetgoed tydens die feesvierings.

Dit is een van die wêreld se grootste feeste, met "die grootste jaarlikse menslike migrasie in die wêreld".[7]

Datums van die Chinese Nuwejaar

Hier onder volg die datum en naam van die Chinese Nuwejaar van 2001 tot 2100.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin die Chinese Nuwejaar met die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. Baie mense werk hul Chinese geboortejaar verkeerdelik volgens hul Gregoriaanse geboortejaar uit. Omdat die Chinese jaar in laat Januarie tot middel Februarie begin, hou die vorige Chinese jaar tot die vorige dag aan. Die Jaar van die Slang 1989 het byvoorbeeld op 6 Februarie 1989 begin. Die voorafgaande Jaar van die Draak 1988 het dus tot 5 Februarie 1989 geduur. Iemand wat tussen 1 Januarie en 5 Februarie 1989 gebore is, is eintlik in die Jaar van die Draak gebore en nie in die Jaar van die Slang nie. Dit word nie altyd op aanlyn webtuistes wat geboortejare bereken, in berekening gebring nie.[8]

GregoriaansDatumDierDag van die week GregoriaansDatumDierDag van die week
200124 Jan.SlangWoensdag202617 Feb.PerdDinsdag
200212 Feb.PerdDinsdag20276 Feb.BokSaterdag
20031 Feb.BokSaterdag202826 Jan.AapWoensdag
200422 Jan.AapDonderdag202913 Feb.HaanDinsdag
20059 Feb.HaanWoensdag20303 Feb.HondSondag
200629 Jan.HondSondag203123 Jan.VarkDonderdag
200718 Feb.VarkSondag203211 Feb.RotWoensdag
20087 Feb.RotDonderdag203331 Jan.OsMaandag
200926 Jan.OsMaandag203419 Feb.TierSondag
201014 Feb.TierSondag20358 Feb.KonynDonderdag
20113 Feb.KonynDonderdag203628 Jan.DraakMaandag
201223 Jan.DraakMaandag203715 Feb.SlangSondag
201310 Feb.SlangSondag20384 Feb.PerdDonderdag
201431 Jan.PerdVrydag203924 Jan.BokMaandag
201519 Feb.BokDonderdag204012 Feb.AapSondag
20168 Feb.AapMaandag20411 Feb.HaanVrydag
201728 Jan.HaanSaterdag204222 Jan.HondWoensdag
201816 Feb.HondVrydag204310 Feb.VarkDinsdag
20195 Feb.VarkDinsdag204430 Jan.RotSaterdag
202025 Jan.RotSaterdag204517 Feb.OsVrydag
202112 Feb.OsVrydag20466 Feb.TierDinsdag
20221 Feb.TierDinsdag204726 Jan.KonynSaterdag
202322 Jan.KonynSondag204814 Feb.DraakVrydag
202410 Feb.DraakSaterdag20492 Feb.SlangDinsdag
202529 Jan.SlangWoensdag205023 Jan.PerdSondag
GregoriaansDatumDierDag van die week GregoriaansDatumDierDag van die week
205111 Feb.BokSaterdag20765 Feb.AapWoensdag
20521 Feb.AapDonderdag207724 Jan.HaanSondag
205319 Feb.HaanWoensdag207812 Feb.HondSaterdag
20548 Feb.HondSondag20792 Feb.VarkDonderdag
205528 Jan.VarkDonderdag208022 Jan.RotMaandag
205615 Feb.RotDinsdag20819 Feb.OsSondag
20574 Feb.OsSondag208229 Jan.TierDonderdag
205824 Jan.TierDonderdag208317 Feb.KonynWoensdag
205912 Feb.KonynWoensdag20846 Feb.DraakSondag
20602 Feb.DraakMaandag208526 Jan.SlangVrydag
206121 Jan.SlangVrydag208614 Feb.PerdDonderdag
20629 Feb.PerdDonderdag20873 Feb.BokMaandag
206329 Jan.BokMaandag208824 Jan.AapSaterdag
206417 Feb.AapSondag208910 Feb.HaanDonderdag
20655 Feb.HaanDonderdag209030 Jan.HondMaandag
206626 Jan.HondDinsdag209118 Feb.VarkSondag
206714 Feb.VarkMaandag20927 Feb.RotDonderdag
20683 Feb.RotVrydag209327 Jan.OsDinsdag
206923 Jan.OsWoensdag209415 Feb.TierMaandag
207011 Feb.TierDinsdag20955 Feb.KonynSaterdag
207131 Jan.KonynSaterdag209625 Jan.DraakWoensdag
207219 Feb.DraakVrydag209712 Feb.SlangDinsdag
20737 Feb.SlangDinsdag20981 Feb.PerdSaterdag
207427 Jan.PerdSaterdag209921 Jan.BokWoensdag
207515 Feb.BokVrydag21009 Feb.AapDinsdag

Verwysings

  1. 中國古代歲首分那幾種?各以何為起點? [In ancient China, how to decide the starting point of a year?] (in Chinees). Central Weather Bureau. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 26 Januarie 2017.
  2. "Chinese New Year" (in Engels). History. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2014. Besoek op 9 Februarie 2013.
  3. "Chinese New Year 2011" (in Engels). YourSingapore.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2015. Besoek op 2 November 2011.
  4. "Festivals, Cultural Events and Public Holidays in Mauritius". Mauritius Tourism Authority. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2016. Besoek op 28 Januarie 2012.
  5. "Philippines adds Chinese New Year to holidays – Yahoo! News Philippines" (in Engels). Ph.news.yahoo.com. 2 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 29 Junie 2013.
  6. "List of nationwide holidays for 2014; The Official Gazette". gov.ph. 1 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2014. Besoek op 10 Januarie 2014.
  7. China's holiday rush begins early, BBC
  8. "Chinese New Year Calendar". Chinese New Year. chinesenewyears.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 2 Augustus 2017.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.