Chinees

Chinees (Vereenvoudigde Chinees: 汉语, Tradisionele Chinees: 漢語, Pinyin: Hànyǔ, letterlik: "Han-taal" of 中文, Zhōngwén) is 'n Sino-Tibettaanse taal wat veral in die Volksrepubliek China, die Republiek China, Hongkong, Macau, Singapoer, Thailand, Indonesië en Maleisië gepraat word. Chinees is met 1,3 miljard sprekers die grootste taal in die wêreld. Daar is baie dialekte, waarvan die belangrikste Mandaryns, Wu, Kantonees, Min, Xiang, Hakka en Gan is. Chinees word met Chinese karakters (Tradisionele Chinees en Vereenvoudigde Chinees) geskryf en die amptelike stelsel waarmee albei in die Latynse alfabet transkribeer word, is Hanyu pinyin.

Die woord Hànyǔ ("Han-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters
Chinees
汉语; 漢語 of 中文
Hànyǔ of Zhōngwén
Gepraat in: Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Vlag van Republiek van China Republiek van China
Vlag van Singapoer Singapoer
Vlag van Indonesië Indonesië
Vlag van Maleisië Maleisië
Vlag van Thailand Thailand 
Gebied: China, Taiwan, Singapoer, Hongkong, Macau, Indonesië, Maleisië, Thailand, Verenigde State, Kanada en ander plekke met aansienlike oorsese Chinese gemeenskappe
Totale sprekers: onbekend (1,2 miljard aangehaal tussen 1984 en 2001)[1][2] 
Rang: 1
Taalfamilie: Sino-Tibettaans
 Chinees
 
Skrifstelsel: Chinese karakters, zhuyin fuhao, braille
Latynse alfabet
Arabiese alfabet
Cyrilliese alfabet
Antieke gebruik van Phagspa-skrif 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Vlag van Hongkong Hongkong
Vlag van Macau Macau
Vlag van Republiek van China Republiek van China
Vlag van Singapoer Singapoer
Flag of the United Nations Verenigde Nasies
Gereguleer deur: Vlag van Volksrepubliek China Nasionale Kommissie van taal en skryf[3]
Vlag van Republiek van China Nasionale Taalkomitee
Vlag van Singapoer Raad vir die Bevordering van Mandaryns
Vlag van Maleisië Raad vir die Chinese Taalstandardiseringsbeleid
Taalkodes
ISO 639-1: zh
ISO 639-2: zho
ISO 639-3: zho 
Verspreiding van Chinees

Verspreiding

Chinees is die moedertaal van die Han- en die Hui-Chinese en deur hul emigrasie in talle gebiede van die wêreld word dié taal ook in lande soos Australië, Filippyne, Japan, Kanada, Mianmar, Rusland, Peru, die Verenigde State en Viëtnam gepraat, wat van Chinees 'n wêreldtaal maak.

Ampstaal

Mandaryn-Chinees is die amptelike taal van die Volksrepubliek China met sy spesiale administratiewe streke Hongkong (saam met Engels en Kantonees) en Macau (saam met Kantonees en Portugees), asook die omstrede Republiek China op Taiwan. Daarbenewens vorm Chinees saam met Engels, Maleis en Tamil die amptelike tale van Singapoer en saam met Arabies, Engels, Frans, Russies en Spaans die amptelike tale van die Verenigde Nasies.

Dialekte van Chinees

Verspreiding van Chinese dialekte
Dialek Alternatiewe benamings Sprekers Hoofverspreiding
MandarynsNoord-Chinese dialekte, Beifanghua (北方話 / 北方话), Beifang Fangyan (北方方言)960 miljoenChina, Taiwan, Hongkong, Macau, Singapoer, Indonesië en Maleisië
WuWúyǔ (吳語 / 吴语), Wuyueyu (吳越語 / 吴越语), Gangnanhua (江南話 / 江南话), Gangzhehua (江浙話 / 江浙话)80 miljoenChina: Yangtzemonding, Sjanghai
Kantonees of YueYuèyǔ (粵語 / 粤语), Guangdonghua (廣東話 / 广东话), Guangfuhua (廣府話 / 广府话), selde: Baihua (白話 / 白话)63 miljoenChina: Guangxi, Guangdong, Hongkong, Macau; Maleisië
MinMǐnyǔ (閩語 / 闽语), Fujianhua (福建話 / 福建话)60 miljoenChina: Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang, Jiangsu, Taiwan; Suidoos-Asië
XiangXiāng yǔ (湘語 / 湘语), Hunanhua (湖南話 / 湖南话)37 miljoenChina: Hunan, Guangxi, Guizhou, Sichuan, Shaanxi
Hakka of KejiaKejiayu (客家語 / 客家语), Kèjiāhuà (客家話 / 客家话)33 miljoenSuid-China, Taiwan, Suidoos-Asië, Indië, Japan
Gan of KanGàn yǔ (贛語 / 赣语)22 miljoenChina: Jiangxi, Hubei, Hunan, Anhui, Fujian

Sien ook

Verwysings

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Chinese" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 16 September 2016.
  2. (en) aboutworldlanguages.com: Mandarin (Chinese)
  3. (zh) china-language.gov.cn Geargiveer 18 Desember 2015 op Wayback Machine

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.