Chiloglanis
Chiloglanis (Suierbekkies) is 'n vis genus wat hoort tot die familie Mochokidae. Die genus bestaan uit 34 spesies wat voorkom in Afrika met agt spesies wat in Suider-Afrika voorkom.
Chiloglanis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Chiloglanis W. K. H. Peters, 1868 |
Tipespesie | |
Chiloglanis deckenii W. K. H. Peters, 1868 | |
Spesies | |
Sien teks. |
Kenmerke
Die spesies van die genus is klein wat aangepas het om in sterk strome te leef. Hulle word gewoonlik gevind in vinnig-vloeiende strome in die rotsagtige gedeelte of by die stroomversnellings van riviere. Die bek vorm 'n groot skyf waarmee die spesies aan rotse of plante vassuig. Die kieusplete is beperk tot die bokant van die pektorale vin.
Spesies
Die volgende spesies kom in Suider-Afrika voor:
- Chiloglanis anoterus - Wimpelstert-suierbekkie
- Chiloglanis bifurcus - Inkomati-suierbekkie
- Chiloglanis emarginatus - Phongolo-suierbekkie
- Chiloglanis fasciatus - Okavango-suierbekkie
- Chiloglanis neumanni - Zambezi-suierbekkie
- Chiloglanis paratus - Saagvin-suierbekkie
- Chiloglanis pretoriae - Kortstekel-suierbekkie
- Chiloglanis swierstrai - Laeveldse suierbekkie
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.