Cheyenne (volk)
Die Cheyenne is 'n inheemse Amerikaanse stam[1] in die noorde van die Verenigde State van Amerika. Die stam is 'n samestelling van twee verwante stamme wat in die 19de eeu geïntegreer het, naamlik die So'taa'é of Sutai, en die Tsitsistas. Hulle is in taal en kultuur nou aan die Inuna Ina (Arapaho) verwant. Op kulturele gebied toon hulle ooreenkomste met die Lakota.
Cheyenne | |
---|---|
Portrette van bekende Cheyenne-persoonlikhede | |
Totale bevolking: | 22 970 |
Belangrike bevolkings in: | Verenigde State (Montana en Oklahoma) |
Taal: | Engels, Cheyenne |
Geloofsoortuiging: | Protestantse en Rooms-Katolieke Christene, tradisionele gelowe |
Verwante etniese groepe: | Arapaho, Blackfoot, Suhtai en ander Algonkin-volke |
Sien ook
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.