Chepri

Chepri of Cheper was in die Egiptiese mitologie ’n god wat met die Egiptiese heilige kewer verbind is; net soos ’n kewer of miskruier bolle mis oor die aarde beweeg, beweeg die son deur die lug. Omdat miskruiers hul eiers in die misbolle lê en die kleintjies uit die bolle te voorskyn kom, is Chepri ook beskou as ’n god van hergeboorte en die oggendson.

Chepri
Chepri word dikwels uitgebeeld as ’n kewer, of ’n man met die gesig van ’n kewer, wat die oggendson omhoog hou.
Chepri word dikwels uitgebeeld as ’n kewer, of ’n man met die gesig van ’n kewer, wat die oggendson omhoog hou.
Soort god Egipties
God vanHergeboorte en sonsopkoms
Naam in hiërogliewe
xpr
r
iC2
Kultussentrum Heliopolis
SimboolKewer, besie, blou lotus
SibbesAtoem, Ra
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Cheper is ’n transkripsie van die Egiptiese woord wat "ontstaan", "gebeur", "skep" ens. beteken.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.