Charlton Heston
Charlton Heston (4 Oktober 1923 – 5 April 2008) was ’n Amerikaanse akteur van rolprente, TV en die teater[1] en ’n politieke aktivis.
Charlton Heston | |
Heston deur Jerry Avenaim, 2001 | |
Geboortenaam | John Charles Carter |
---|---|
Geboorte | 4 Oktober 1923 Illinois, VSA |
Sterfte | 5 April 2008 Beverly Hills, Kalifornië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1941–2003 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rolprentpryse | |||
---|---|---|---|
Prys | Jaar | Kategorie | Prent |
Gewen | |||
Oscar | 1960 | Akteur | Ben-Hur |
Golden Globe | 1962 | Henrietta-prys (Wêreldgunsteling) | |
Golden Globe | 1967 | Cecil B. DeMille-prys | |
Benoem | |||
Golden Globe | 1957 | Akteur | The Ten Commandments |
Golden Globe | 1960 | Akteur | Ben-Hur |
Golden Globe | 1963 | Akteur | The Pigeon That Took Rome |
As ’n Hollywood-ster het hy oor 60 jaar in 100 rolprente verskyn. Sy bekendste rolle was in The Ten Commandments (1956); Ben-Hur (1959), waarvoor hy ’n Oscar gekry het; El Cid (1961) en Planet of the Apes (1968). Hy het ook in onder meer The Greatest Show on Earth (1952) en Touch of Evil (1958) gespeel. Van sy tonele wat die beste onthou word, is as Moses wat die Rooisee verdeel in The Ten Commandments en ’n strydwa-tweegeveg in Ben-Hur. Sy hoofrolle het hom ’n ernstige, outoritêre persoonlikheid besorg en het verantwoordelikheid, individualisme en manlikheid uitgebeeld; Hy het rolle wat nie klem op dié eienskappe gelê het nie van die hand gewys. Dit het ook gewig verleen aan sy politieke stem – hy was nou by die politiek betrokke.[2]
Nadat Alzheimer se siekte by hom gediagnoseer is, het Heston in 2003 ophou toneelspeel.[3]
Vroeë jare
Heston is as John Charles Carter gebore en was die seun van Russell Whitford Carter, ’n saagmeulbediener, en sy vrou, Lilla (gebore Charlton).[4] Volgens die meeste bronne is hy in Evanston, Illinois, gebore.[5][6][7][8] In Heston se outobiografie[9] en ander bronne word egter genoem hy is in No Man's Land, Illinois, gebore – dit is nou ’n welgestelde voorstad van Chicago.
Heston was van Engelse en deels van Skotse afkoms.[10] Hy was 10 jaar oud toe sy ouers geskei is. Sy ma is kort daarna met Chester Heston getroud. Heston (sy nuwe van) het daarna in ’n ryk buurt van Chicago skoolgegaan.[11]
Sy verhoognaam kom van sy ma se nooiensvan en stiefpa se van. Sy vriende het hom "Chuck" genoem.
Loopbaan
Heston was op hoërskool deel van ’n dramaprogram en het ’n universiteitsbeurs vir drama gewen. Hy het in 1944 by die Amerikaanse lugmag aangesluit en is in dieselfde jaar met ’n student, Lydia Clarke, getroud. Ná die oorlog het Heston en Clarke in New York gebly en as modelle vir kunstenaars gewerk. As ’n manier om by toneelspel betrokke te raak, het hulle in 1947 besluit om ’n teater te bestuur in Asheville, Noord-Carolina.
In 1948 het hulle na New York teruggekeer waar Heston ’n byrol aangebied is in Shakespeare se Antony and Cleopatra op Broadway. Hy het ook ’n paar rolle op TV gekry. Die rolprentvervaardiger Hal B. Wallis het hom in 1950 in ’n TV-produksie van Wuthering Heights gesien en hom ’n kontrak aangebied.
Hollywood
Heston se eerste professionele verskyning in ’n rolprent was in Dark City, ’n film noir van 1950. Sy deurbraak was in Cecil B. DeMille se The Greatest Show on Earth, wat as die beste prent van 1952 aangewys is. In 1956 het Heston ’n ikoon geword vir sy uitbeelding van Moses in die uiters suksesvolle prent The Ten Commandments (1956). Die vorige jaar het hy saam met Jane Wyman in Lucy Gallant gespeel en in 1958 het hy die rol vertolk van ’n Meksikaanse polisie-offisier, Ramon Miguel Vargas, in Orson Welles se hoog aangeskrewe film noir Touch of Evil.
Nadat Marlon Brando, Burt Lancaster en Rock Hudson[12] die titelrol in Ben-Hur (1959) van die hand gewys het, het Heston die rol aanvaar en die Oscar vir beste akteur gewen – een van die destyds ongeëwenaarde 11 Oscars wat die prent ingepalm het.
Heston het hierna die hoorolle gespeel in verskeie fiktiewe en histoirese epiese prente: El Cid (1961), 55 Days at Peking (1963), as Michelangelo in The Agony and the Ecstasy (1965) en Khartoum (1966). Hy het ook in die western Will Penny (1968) gespeel.
In 1968 het Heston in Planet of the Apes gespeel en in 1970 het hy ’n kleiner byrol gehad in die opvolg, Beneath the Planet of the Apes. Hy het ook in 1970 Markus Antonius gespeel in Shakespeare se Julius Caesar. Die volgende jaar was hy in die wetenskapsfiksieprent The Omega Man te sien.
Heston het sy debuut as regisseur in 1972 gemaak en ook Markus Antonius gespeel in Antony and Cleopatra. Hildegarde Neil was Cleopatra. Nadat dit vlymende resensies ontvang het, is die prent nooit uitgereik vir rolprentteaters nie. Dit is ook selde op TV gesien. Dit is eers in Maart 2011 op DVD uitgereik.[13] Daarna het meer geslaagde prente gevolg, soos Soylent Green (1973) en Earthquake (1974).
Van 1973 af is Heston meer dikwels in byrolle en die teater gesien. Hy het saam met sy seun Fraser verskeie TV-prente gemaak, onder meer Treasure Island (1990) en A Man For All Seasons. In 1992 het hy in ’n kort reeks video's verskyn, Charlton Heston Presents the Bible, waarin hy stukke uit die Bybel voorlees. Dit het groot sukses op video en DVD behaal.
Hy het daarna in verskeie rolprente en TV-programme opgetree. Sy laaste filmrol was in 2003 as die berugte Nazi-dokter Josef Mengele in My Father, Rua Alguem 5555.[14]
Latere lewe en dood
In 1996 het Heston ’n heupvervanging ondergaan en in 1998 is prostaatkanker by hom gediagnoseer. Die kanker was ná ’n paar bestralingsessies in remissie. In 2000 het hy bekend gemaak dat hy in dié jaar vir alkoholisme behandel is in ’n kliniek in Utah.[15]
Op 9 Augustus 2002 het hy aangekondig dat hy gediagnoseer is met simptome wat ooreenstem met Alzheimer se siekte.[16] In Julie 2003 het hy die Presidensiële Vryheidsmedalje van pres. George W. Bush ontvang. In Maart 2005 het verskeie koerante berig dat sy toestand vinnig agteruitgaan.[17]
Heston is op 5 April 2008 by sy huis in Kalifornië oorlede met sy vrou van 64 jaar, Lydia, aan sy sy. Die familie het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie.[18][19]
Filmografie
Hier onder volg ’n lys van die rolprente waarin Heston gespeel het.
1941–1959
Jaar | Prent | Rol | Regisseur | Ander akteurs |
---|---|---|---|---|
1941 | Peer Gynt | Peer Gynt | David Bradley | Betty Hanisee, Lucielle Powell |
1950 | Julius Caesar | Marc Antony | David Bradley | Harold Tasker, David Bradley |
Dark City | Danny Haley / Richard Branton | William Dieterle | Lizabeth Scott, Viveca Lindfors, Dean Jagger | |
1952 | The Greatest Show on Earth | Brad Braden | Cecil B. DeMille | Betty Hutton, Cornel Wilde, Dorothy Lamour, James Stewart |
Ruby Gentry | Boake Tackman | King Vidor | Jennifer Jones, Karl Malden | |
The Savage | James "Jim" Aherne jr. | George Marshall | Susan Morrow | |
1953 | The President's Lady | Pres. Andrew Jackson | Henry Levin | Susan Hayward, John McIntire |
Pony Express | "Buffalo Bill" Cody | Charles Marquis Warren | Rhonda Fleming, Jan Sterling, Forrest Tucker | |
Arrowhead | Ed Bannon | Charles Marquis Warren | Jack Palance, Katy Jurado, Brian Keith | |
Bad for Each Other | Dr. Tom Owen | Irving Rapper | Lizabeth Scott | |
1954 | The Naked Jungle | Christopher Leiningen | Byron Haskin | Eleanor Parker, William Conrad |
Secret of the Incas | Harry Steele | Jerry Hopper | Robert Young, Nicole Murray | |
1955 | The Far Horizons | William Clark | Rudolph Maté | Fred MacMurray, Donna Reed |
The Private War of Major Benson | Maj. Bernard R. "Barney" Benson | Jerry Hopper | Julie Adams, William Demarest | |
Lucy Gallant | Casey Cole | Robert Parrish | Jane Wyman | |
1956 | The Ten Commandments | Moses | Cecil B. DeMille | Yul Brynner, Anne Baxter, Edward G. Robinson, Nina Foch, Debra Paget, John Derek, Yvonne De Carlo, Vincent Price, Martha Scott |
1957 | Three Violent People | Kapt. Colt Saunders | Rudolph Maté | Anne Baxter, Tom Tryon, Gilbert Roland |
1958 | Screen Snapshots: Salute to Hollywood | Homself | Ralph Staub | John Wayne, Zsa Zsa Gabor |
Touch of Evil | Ramon Miguel "Mike" Vargas | Orson Welles | Janet Leigh, Orson Welles, Dennis Weaver, Zsa Zsa Gabor, Marlene Dietrich | |
The Big Country | Steve Leech | William Wyler | Gregory Peck, Jean Simmons, Carroll Baker, Burl Ives, Charles Bickford, Chuck Connors | |
The Buccaneer | Genl. Andrew Jackson | Anthony Quinn | Yul Brynner, Claire Bloom, Inger Stevens, Charles Boyer, Henry Hull, Lorne Greene | |
1959 | Ben-Hur | Ben-Hur | William Wyler | Jack Hawkins, Haya Harareet, Stephen Boyd, Martha Scott, Cathy O'Donnell, Sam Jaffe, Hugh Griffith, Finlay Currie |
The Wreck of the Mary Deare | John Sands | Michael Anderson | Gary Cooper, Virginia McKenna, Michael Redgrave, Richard Harris |
1961–1970
Jaar | Prent | Rol | Regisseur | Ander akteurs |
---|---|---|---|---|
1961 | El Cid | El Cid (Rodrigo Díaz de Vivar) | Anthony Mann | Sophia Loren, Raf Vallone, Geneviève Page, John Fraser, Gary Raymond, Hurd Hatfield, Herbert Lom |
1962 | The Pigeon That Took Rome | Kapt. Paul MacDougall / Benny the Snatch / Verteller | Melville Shavelson | Elsa Martinelli |
1963 | Diamond Head | Richard "King" Howland | Guy Green | Yvette Mimieux, George Chakiris, James Darren |
55 Days at Peking | Maj. Matt Lewis | Nicholas Ray | David Niven, Ava Gardner | |
The Five Cities of June | Verteller | Bruce Herschensohn | ||
1965 | The Greatest Story Ever Told | Johannes die Doper | George Stevens | Max von Sydow, Telly Savalas |
The Agony and the Ecstasy | Michelangelo | Carol Reed | Rex Harrison, Diane Cilento | |
Major Dundee | Maj. Amos Charles Dundee | Sam Peckinpah | Richard Harris, Jim Hutton, James Coburn | |
The War Lord | Chrysagon | Franklin J. Schaffner | Richard Boone, Rosemary Forsythe | |
1966 | Khartoum | Genl. Charles "Chinese" Gordon | Basil Dearden | Laurence Olivier, Ralph Richardson |
1967 | All About People | Verteller | Saul Rubin | |
While I Run This Race | Verteller | Edmund Levy | ||
1968 | Counterpoint | Lionel Evans | Ralph Nelson | Maximillian Schell, Kathryn Hays |
Will Penny | Will Penny | Tom Gries | Joan Hackett, Donald Pleasence | |
Planet of the Apes | George Taylor | Franklin J. Schaffner | Roddy McDowell, Kim Hunter, Maurice Evans, Linda Harrison | |
1969 | Number One | Ron "Cat" Catlan | Tom Gries | Jessica Walter, Bruce Dern |
1970 | Beneath the Planet of the Apes | George Taylor | Ted Post | James Franciscus, Kim Hunter, Maurice Evans, Linda Harrison |
The Hawaiians | Whipple "Whip" Hoxworth | Tom Gries | Tina Chen, Geraldine Chaplin, John Phillip Law | |
Julius Caesar | Marc Antony | Stuart Burge | Jason Robards, John Gielgud, Robert Vaughn, Richard Chamberlain, Diana Rigg, Christopher Lee |
1971–1980
Jaar | Prent | Rol | Regisseur | Ander akteurs |
---|---|---|---|---|
1971 | The Omega Man | Robert Neville | Boris Segal | Anthony Zerbe, Rosalind Cash |
1972 | Antony and Cleopatra | Marc Antony | Charlton Heston | Hildegarde Neil, Eric Porter |
The Special London Bridge Special | Tennis player | David Winters | Tom Jones, Kirk Douglas, Jennifer O'Neill | |
Skyjacked | Kapt. Henry "Hank" O'Hara | John Guillerman | Yvette Mimieux, James Brolin | |
The Call of the Wild | John Thornton | Ken Annakin | Michele Mercier | |
1973 | Soylent Green | Speurder Robert Thorn | Richard Fleischer | Edward G. Robinson, Leigh Taylor-Young, Chuck Connors, Joseph Cotten |
The Three Musketeers | Kardinaal de Richelieu | Richard Lester | Michael York, Raquel Welch, Richard Chamberlain, Oliver Reed, Faye Dunaway, Christopher Lee, Geraldine Chaplin | |
1974 | Airport 1975 | Alan Murdock | Jack Smight | Karen Black, George Kennedy, Gloria Swanson, Efrem Zimbalist jr., Susan Clark, Helen Reddy, Linda Blair, Dana Andrews, Roy Thinnes, Sid Caesar, Myrna Loy, Ed Nelson, Nancy Olson, Larry Storch, Martha Scott |
The Four Musketeers | Kardinaal Richelieu | Richard Lester | Michael York, Raquel Welch, Richard Chamberlain, Oliver Reed, Faye Dunaway, Christopher Lee, Geraldine Chaplin | |
Earthquake | Stewart Graff | Mark Robson | Ava Gardner, George Kennedy, Lorne Greene, Geneviève Bujold, Richard Roundtree, Marjoe Gortner, Barry Sullivan, Lloyd Nolan, Victoria Principal, Monica Lewis, Walter Matthau | |
1975 | The Fun of Your Life | Verteller | John J. Hennessy | |
1976 | Midway | Kapt. Matthew Garth | Jack Smight | Henry Fonda, Toshirō Mifune, Robert Mitchum |
Two-Minute Warning | Kapt. Peter Holly | Larry Peerce | John Cassavetes, Martin Balsam, Beau Bridges, Jack Klugman, Gena Rowlands, David Janssen, Marilyn Hassett, Walter Pidgeon, Mitchell Ryan, Pamela Bellwood, David Groh, Brock Peters | |
The Last Hard Men | Sam Burgade | Andrew V. McLaglen | James Coburn, Barbara Hershey, Jorge Rivero, Michael Parks | |
1977 | Crossed Swords | Hendrik VIII | Richard Fleischer | Oliver Reed, Raquel Welch, Mark Lester, Ernest Borgnine, George C. Scott, Rex Harrison |
1978 | Gray Lady Down | Kapt. Paul Blanchard | David Green | David Carradine, Stacy Keach, Ned Beatty, Christopher Reeve |
1980 | The Mountain Men | Bill Tyler | Richard Lang | Brian Keith |
The Awakening | Matthew Corbeck | Mike Newell | Susannah York, Stephanie Zimbalist |
1982–2003
Jaar | Prent | Rol | Regisseur | Ander akteurs |
---|---|---|---|---|
1982 | Mother Lode | Silas McGee / Ian McGee | Charlton Heston | Kim Basinger, Nick Mancuso |
1989 | Call from Space | Net stem | Richard Fleischer | James Coburn |
1990 | Solar Crisis | Adml. "Skeet" Kelso | Richard C. Sarafian | Tim Matheson, Peter Boyle, Jack Palance |
Almost an Angel | God | John Cornell | Paul Hogan, Linda Kozlowski | |
1992 | Genghis Khan (onvoltooi) | Togrul | Ken Annakin, Peter Duffield, Antonio Margheriti | Richard E. Grant, Richard Tyson |
1993 | Wayne's World 2 | Goeie akteur | Stephen Surjik | Mike Myers, Dana Carvey, Tia Carrere, Christopher Walken, Kim Basinger |
Tombstone | Henry Hooker | George P. Cosmatos | Kurt Russell, Val Kilmer, Sam Elliott, Bill Paxton, Powers Boothe, Michael Biehn, Billy Bob Thornton | |
1994 | True Lies | Spencer Trilby | James Cameron | Arnold Schwarzenegger, Jamie Lee Curtis, Bill Paxton, Tom Arnold, Tia Carrere |
1995 | America: A Call to Greatness | Verteller/gasheer | Warren Chaney | Peter Graves, Mickey Rooney, Deborah Winters, Rita Moreno, Gene Autry, Dorian Harewood, Cassidy Rae, Jane Russell |
In the Mouth of Madness | Jackson Harglow | John Carpenter | Sam Neill, Julie Carmen, Jürgen Prochnow | |
1996 | The Dark Mist | Verteller | Ryan Carroll | Teri Austin |
Alaska | Colin Perry | Fraser Clarke Heston | Thora Birch | |
Hamlet | Player King | Kenneth Branagh | Kenneth Branagh, Julie Christie, Billy Crystal, Gérard Depardieu, Derek Jacobi, Jack Lemmon, Robin Williams, Kate Winslet | |
1997 | Hercules | Verteller | Ron Clements, John Musker | Tate Donovan, James Woods, Rip Torn, Danny DeVito |
1998 | Armageddon | Verteller | Michael Bay | Bruce Willis, Billy Bob Thornton, Ben Affleck, Liv Tyler, Michael Clarke Duncan |
1999 | Gideon | Addison Sinclair | Claudia Hoover | Christopher Lambert, Carroll O'Connor, Shirley Jones |
Any Given Sunday | Kommissaris | Oliver Stone | Al Pacino, Cameron Diaz, Dennis Quaid, James Woods, Jamie Foxx | |
2001 | Town & Country | Eugenie se pa | Peter Chelsom | Warren Beatty, Diane Keaton, Andie MacDowell, Goldie Hawn, Garry Shandling |
Cats & Dogs | Die Mastiff | Lawrence Guterman | Jeff Goldblum, Elizabeth Perkins | |
Planet of the Apes | Zaius | Tim Burton | Mark Wahlberg, Tim Roth, Helena Bonham Carter, Paul Giamatti, Michael Clarke Duncan | |
The Order | Prof. Walter Finley | Sheldon Lettich | Jean-Claude Van Damme | |
2002 | Bowling for Columbine | Homself | Michael Moore | Michael Moore |
2003 | My Father, Rua Alguem 5555 | Josef Mengele | Egidio Eronico | Thomas Kretschmann, F. Murray Abraham |
Bibliografie
Deur Heston:
- In the Arena: An Autobiography (1997) ISBN 1-57297-267-X
- The Courage to be Free (2000), speeches ISBN 978-0-9703688-0-5
- The Actors Life: Journals 1956–1976 (1978) ISBN 0-671-83016-3)
- Beijing Diary (ISBN 0-671-68706-9)
- To Be a Man: Letters to My Grandson (ISBN 0-7432-1311-4)
- Charlton Heston Presents the Bible (ISBN 1-57719-270-2)
- Charlton Heston's Hollywood: 50 Years in American Film saam met Jean-Pierre Isbouts (ISBN 1-57719-357-1)
Verwysings
- Berkvist, Robert (6 April 2008). "Charlton Heston, Epic Film Star and Voice of N.R.A., Dies at 84". The New York Times. Besoek op 6 April 2008.
- Emilie Raymond, From My Cold, Dead Hands: Charlton Heston and American Politics, (2006) bl. 4-5, 33
- Charlton Heston's Last Sneer SFGate. 30 April 2003
- Film Reference Biography. Filmreference.com. URL besoek op 14 November 2011.
- Werling, Karen (16 April 2008). "Appreciation: Charlton Heston's life as a Wildcat". North by Northwestern (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2011. Besoek op 18 Maart 2010.
- Berkvist, Robert (6 April 2008). "Charlton Heston, Epic Film Star and Voice of N.R.A., Dies at 84". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 18 Maart 2010.
- "Charlton Heston – Biography". IMDb: The Internet Movie Database (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2018. Besoek op 18 Maart 2010.
- "Charlton Heston Biography". biography.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2011. Besoek op 18 Maart 2010.
- Heston, Charlton: In The Arena, Simon & Schuster, 1995. ISBN 0-684-80394-1.
- "Hollywood legend Charlton Heston was proud of Scots roots". Daily Record (Skotland). 7 April 2008.
- Habermehl, Kris (25 Januarie 2007). "Fire Breaks Out At Prestigious High School" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2009. Besoek op 28 Junie 2008.
- Thomas, Bob (6 April 2008). "Film Legend Charlton Heston Dead at 84" (in Engels). Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2008. Besoek op 13 Julie 2013.
- Antony & Cleopatra: Movies & TV. Amazon.com. URL besoek op 14 November 2011.
- Variety, February 12, 2004.
- Charlton Heston 'feeling good' after alcohol rehab.
- Charlton Heston has Alzheimer's symptoms. Geargiveer 1 Februarie 2008 op Wayback Machine CNN News. 9 Augustus 2002.
- Charlton Heston – Heston In Rapid Decline – Contactmusic News. Contactmusic.com (2005-03-06). URL besoek op 14 November 2011.
- Welkos, Robert W. and Susan King. Charlton Heston, 84; actor played epic figures. Los Angeles Times. 5 April 2008. URL besoek op 12 April 2010.
- Charlton Heston Dies at Beverly Hills Home. FoxNews.com. 5 April 2008. URL besoek op 12 April 2010.
- Rovin, Jeff (1980). The Films of Charlton Heston. Secaucus, New Jersey: Citadel Press. ISBN 0-8065-0561-3.
Verdere leesstof
Eksterne skakels
- Hollywood.com Heston
- Reel Classics
- BBC
- Huldeblyk Geargiveer 10 April 2008 op Wayback Machine
- 'From Our Files: An Interview with Charlton Heston' deur Phil Elderkin, The Christian Science Monitor, 4 November 1959
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Charlton Heston.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia