Charlottetown
Charlottetown (IPA: /'ʃɑɹ.lɪ.taʊn/) is die hoofstad van die Oos-Kanadese provinsie Prins-Edward-Eiland met 32 174 inwoners volgens die sensus van 2006. Die agglomerasie van Charlottetown huisves met 58 625 mense meer as 'n derde van die provinsiale bevolking. Die stad is in 1855 geïnkorporeer en het in 1885 stadstatus verkry. Charlottetown dien ook as die administratiewe setel van die distrik Queens County.
Charlottetown | |
---|---|
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Provinsie | ![]() |
Koördinate | 46°24′N 63°14′W |
Stigting | 1720 (Port La-Joye) |
Naamwysing | 1758 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 725,8 vk km |
Hoogte bo seevlak | 10 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2006) | 32 174 |
- Bevolkingsdigtheid | 725,8/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 58 625 |
Tydsone | UTC -4 (Atlantiese tyd) |
Burgemeester | Clifford J. Lee |
Amptelike Webwerf |
city.charlottetown.pe.ca Geargiveer 2 November 2013 op Wayback Machine |
![](../I/Charlottetown_PEI_05.jpg.webp)
Die stad is in 1720 deur Franse onder die naam Port La-Joye gestig. Nadat die nedersetting in 1758 onder Britse heerskappy gekom het, is die naam ter ere van koningin Charlotte van Mecklenburg-Strelitz, die eggenote van koning George III, gewysig tot Charlottetown. Die stad, wat nog steeds met talle statige Victoriaanse huise pronk, het 'n belangrike rol in die Kanadese geskiedenis gespeel: In die huidige Province House, 'n sandsteengebou wat in 1847 opgerig is en vandag as setel van die provinsiale parlement dien, het in 1864 die sogenaamde "Vaders van die Konfederasie van Brits-Noord-Amerika" tydens die Charlottetown-konferensie vergader. Vyftien afgevaardigdes uit Nieu-Brunswick, Nova Scotia en Prins-Edward-Eiland het destyds die Maritime Union gestig - 'n eerste stap in die rigting van 'n verenigde Kanada.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Charlottetown. |
![]() |
Hoofstede van Kanada | ![]() |
||
---|---|---|---|---|
|