Charles Laval
Charles Laval (17 Maart 1862 – 27 April 1894) was ’n Franse skilder wat verbind word met die sintetistiese beweging en die Pont-Aven-skool.
Charles Laval | |
---|---|
’n Portret van Laval. | |
Gebore | Parys, Frankryk | 17 Maart 1862
Sterf | 27 April 1894 (op 32) Parys |
Nasionaliteit | Frans |
Veld | Skilderkuns |
Beweging | Sintetisme |
Laval is in Parys, Frankryk, gebore en was ’n tydgenoot en vriend van Paul Gauguin en Vincent van Gogh. Gauguin het in 1886 ’n portret van hom, Stillewe met Profiel van Laval, geskilder waarop Laval na een van Gauguin se keramiekbeelde kyk.[1]
Laval en Gauguin
Gauguin en Laval het in 1886 albei na Pont-Aven gegaan en vriende geword. In ’n soeke na ’n eksotisisme wat die sleutel tot kuns kon verskaf, het die twee kunstenaars in 1887 na Panama gereis. Om geld te maak het Laval akademiese portrette geskilder (almal verlore). ’n Reeks ongelukke het veroorsaak dat Laval en Gauguin van daar na die eiland Martinique, ’n Franse oorese gebied, is. Daar het hy ’n klein reeks landskappe met spikkels helder kleur geskilder waarvoor Gauguin in die verlede foutiewelik die eer gekry het. Laval is in 1894 op 32-jarige ouderdom dood aan tering.
Laval en Van Gogh
Laval het sy selfportret geskilder ná ’n ooreenkoms tussen Van Gogh en van sy vriende. Hy het Laval, Gauguin en Émile Bernard gevra om vir hom ’n portret te stuur in ruil vir een van sy eie selfportrette.
Van Gogh was beïndruk deur Laval se bydrae. Hy het ’n klein tekening daarvan ingesluit by ’n brief wat hy aan sy broer, die kunshandelaar Theo van Gogh, gestuur het om aan hom ’n idee van die skildery te gee. Hy het dit beskryf as "kragtig, uitsonderlik en presies een van die skilderye waarvan jy praat: wat ’n mens besit voordat ander die talent raakgesien het".[2]
Galery
- Vroue by die See.
- Oes in Bretagne.
- Op Pad na die Mark, Bretagne.
- Bretons.
Verwysings
- Still Life with Profile of Laval, Indianapolis Museum of Art Geargiveer 29 Oktober 2012 op Wayback Machine URL besoek op 6 April 2011
- Van Gogh-museum URL besoek op 6 April 2011
Eksterne skakels
- Charles Laval se skilderye by die Musée d'Orsay
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Charles Laval.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia