Chalumnarivier

Die Chalumnarivier (Xhosa: Tyolomnqa) is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika wat in die Indiese Oseaan naby Oos-Londen uitmond.[1]

Chalumnarivier
Tyolomnqa
Stroomgebied Oos-Kaap
Monding Indiese oseaan
Monding-hoogte 1 m

Chalumnarivier
Koördinate: 33°13′29″S 27°34′57″O

Ontstaan en roete

Twee riviere vloei saam om die Chalumnarivier te vorm by 33.0764°S 27.4307°O / -33.0764; 27.4307 op die kusplato van die voormalige Ciskei, vanwaar dit verder ooswaarts kronkel. Vir sy laaste kilometers swenk die rivier suidwaarts op pad see toe. Dit mond uit in 'n getymeer slegs 3,5 km suidwes van Kayser's Beach.

Eksterne skakels

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.