Chakassië

Die Republiek van Chakassië (Russies: Респу́блика Хака́сия, Respoeblika Chakasija; Chakas: Хакасия Республиказы) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland geleë in Suidsentraal-Siberië. Die hoofstad en grootste stad is Abakan (bevolking: 160 000).

Republiek van Chakassië
Хакасия Республиказы
Die ligging van Chakassië in Rusland.
Die ligging van Chakassië in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikSiberiese
Ekonomiese streekNoord-Oos-Siberiese
Stigting20 Oktober 1930
Regering
HoofstadAbakan
LeierWiktor Zimin
AmpPresident
WetgewerOpperraad
Bevolking
Sensus2010
Totaal532 403
Volgorde70ste
Digtheid8,6 /km2
Stedelik67,3%
Plattelands32,7%
Statistiek
Oppervlakte61 900 km2
Volgorde46ste
TydsoneUTC+08:00
Registrasienommer19
Amptelike taleRussies, Chakassies
Webtuistehttp://www.r-19.ru
Wapen en vlag
Wapen
Wapen

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Demografie

'n Kaart van Chakassië en sy bure.

Die republiek het ’n bevolking van 538 200 (2006-raming). Volgens die 2002-sensus maak Russe 80,3% van die bevolking uit, gevolg deur Chakas (12%). Ander etniese groepe sluit in Oekraïners, Duitsers, Tartare en talle klein groepe.

Geskiedenis

Van die 6de eeu af was Chakassië die kern van die Kirgisiese staat. In die 13de eeu, ná die nederlaag teen die Mongole, het die meeste Kirgisiërs suidweswaarts gemigreer na hul hedendaagse gebied in Sentraal-Asië (Kirgisië). Moderne Chakassiërs beskou hulself as nakomelinge van die Kirgisiërs wat in Siberië agtergebly het.

Chakassië is in 1707 by Rusland ingelyf. In 1727 is dit bevestig in ’n verdrag tussen Rusland en China. Goelag-kampe is in 1707 en 1718 in die republiek gevestig. Baie gevangenes het ná hul vrylating in die streek agtergebly.

Outonomie is in 1930 tydens die Sowjet-bewind toegeken. In die 1920's en 1930's het die Sowjet-owerheid sowat ’n kwartmiljoen Russe in die gebied hervestig en teen 1959 het etniese Chakassiërs maar sowat ’n tiende van die bevolking uitgemaak. Chakassië het in 1991 volle republiek-status verwerf.

Ekonomie

Die belangrikste nywerhede in die republiek is steenkoolmynbou en hout.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Khakassia
  • Beyaz Arif Akbas, Khakassia: The Lost Land", Portland State Center for Turkish Studies, 2007.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.