Cessna Citation II
Die Cessna Citation II (Model 550) passasiersvliegtuig is 'n reeks van die Cessna Citation-familie ligtestralers wat ontwikkel is vir die korporatiewemark deur Cessna. Die vliegtuig is 'n verlengde weergawe van die Citation I, dit is bekend gestel op 31 Januarie 1977 en lugwaardig gesertifiseer in Maart 1978.
Cessna Citation II | |
---|---|
Tipe | Ligte passasiersvliegtuig |
Vervaardiger | Cessna |
Nooiensvlug | 31 Januarie 1977 |
Status | Produksie gestaak |
Hoofgebruiker | Korporatiewe eienaars |
Aantal gebou | 1184 |
Ontwikkel van | Cessna Citation I |
Die II/SP-model is 'n enkelvlieƫnier weergawe, die verbeterde S/II voltooi sy nooiensvlug op 14 Februarie 1984 en die Citation Bravo, toegerus met verbeterde avionika en Pratt & Whitney Canada P&WC PW530A-motore, sy nooiensvlug op 25 April 1995.
Produksie van die vliegtuie is gestaak in 2006 nadat 1184 eenhede afgelewer is. In Amerika word daar na die vliegtuig verwys as die T-47.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.