Certhilauda
Certhilauda is 'n genus van voëls in die familie van lewerike (Alaudidae), wat aan die orde van sangvoëls (Passeriformes) behoort. Van die spesies word soms onder die genus Calendulauda ingedeel. Hierdie spesies kom in die suidwestelike en suidelike dele van Afrika voor.
Certhilauda | |
---|---|
'n Grasveldlangbeklewerik (Certhilauda semitorquata) in Suid-Afrika. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Certhilauda Swainson, 1827 |
Spesies | |
Sien teks. |
Spesies
Die volgende spesies behoort aan die genus:[1]
- Certhilauda benguelensis - Kaokolangbeklewerik
- Certhilauda brevirostris - Overberglangbeklewerik
- Certhilauda chuana - Kortkloulewerik
- Certhilauda curvirostris - Weskuslangbeklewerik
- Certhilauda semitorquata - Grasveldlangbeklewerik
- Certhilauda subcoronata - Karoolangbeklewerik
Die volgende spesies word soms in die genus Calendulauda geplaas:
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.