Celestia
Celestia is 'n 3D-astronomieprogram vir Windows, OS X en Linux ontwikkel deur Chris Laurel. Die program word gelisensieer onder die GNU Algemene Publieke Lisensie en is vrye sagteware. Die program maak dit moontlik om voorwerpe van die grootte van die internasionale Ruimtestasie (ISS) tot sterrestelsels net soos die melkweg, driedimensioneel te simuleer. Die program gebruik OpenGL as 3D-biblioteek.
Celestia | |
![]() | |
![]() | |
Logo | |
Skrywer | Chris Laurel |
---|---|
Ontwikkelaar | Chris Laurel, Celestia-ontwikkelaars |
Aanvanklike vrystelling | 2001 |
Nuutste weergawe | 1.6.1/ 10 Junie 2011[1] |
Bedryfstelsel | AmigaOS 4, BSD, Windows, OS X, Linux |
Grootte op skyf | Linux: 27,7 MB AmigaOS 4: 44,4 MB Mac OS X: 38,7 MB Windows: 32,8 MB Bronkode: 52,6 MB[2] |
Kategorie | Opvoedkundige sagteware |
Lisensie | GNU Algemene Publieke Lisensie |
Webblad | shatters.net/celestia |
Funksies
- "Toergids";
- Die tyd kan gestel word beide in die toekoms en in die verlede;
- Konstelasies en wentelbaane van planete, mane, asteroïdes en satelliete kan vertoon word;
- Name van die heelalvoorwerpe word vertoon;
- Name van stede, berge, mere, landingpunte word vertoon;
- Kennisgewings van die radius, afstande, die lengte van die dag en die temperatuur van die planete word vertoon;
- Die skerm kan verdeel word om meerdere voorwerpe gelyktydig waar te neem.
Verwysings
- (en) "Celestia: News". Celestia: Home. 10 Junie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2015. Besoek op 29 September 2015.
- "Celestia - Browse Files at SourceForge.net". SourceForge (in Engels). Geeknet, Inc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 9 Junie 2011.
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Celestia. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.