Cato Manor
Cato Manor is 'n werkersklasgebied geleë sewe kilometer van die sentrum van die stad Durban, Suid-Afrika.
Cato Manor | |
---|---|
Cato Manor Cato Manor se ligging in KwaZulu-Natal | |
Koördinate: 29°52′S 30°57′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Munisipaliteit | eThekwini |
Stigting | 1865 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,30 km2 (0,12 vk. myl) |
Bevolking (2001)[1] | |
• Totaal | 5 996 |
• Digtheid | 19 987/km2 (51 770/vk. myl) |
Poskode (strate) | 4091 |
Dit het ontstaan toe Indiese groentekwekers hulle in die gebied gevestig het nadat dit aan George Christopher Cato gegee is in 1865, wie die eerste burgemeester van Durban was in 1854. Die gebied het ook politieke aandag getrek tydens die Apartheidsera.
Geskiedenis
Cato Manor het erkenning ontvang nadat Swart Afrikane gedurende die 1920's hier aangekom het, en grond gehuur het van Indiese eienaars wat reeds hier was sedert die vroeë 20ste eeu. Om 'n inkomste te verdien, het inwoners begin bier brou om te verkoop aan dors werkers in die strate van Durban. Die owerhede was bly om mense in die dorp te hê vir arbeid, maar was bang om oorweldig te word deur hul bevolking.
Cato Manor vandag
Die area het weer herleef in die vroeë 1980's toe die Cato Manor Development Association (CMDA) gevorm is en die broodnodige infrastruktuur opgerig het. Die area is toe befonds deur die Europese Unie en die Cato Manor-Area-Gebaseerde Bestuur is ingestel deur die eThekwini Munisipaliteit om toesig te hou oor die ontwikkeling van die gebied. Cato Manor het vandag primêre skole, 'n kliniek, 'n mark en 'n veeldoelige sentrum en gesprekke vir nuwe plekke van belang is aan die gang.
Verwysings
- "Subplek Cato Manor". Sensus 2001.