Cathay Pacific
Die lugredery Cathay Pacific (IATA: CX, ICAO: CPA) is die internasionale vlagdraer van Hongkong, met sy hoofkantoor en belangrikste spil geleë op Hongkong Internasionale Lughawe, hoewel die lugredery se geregistreerde kantoor op die 33ste vloer van "One Pacific Place" is.[1]
| |||||||
Gestig | 24 September 1946 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | Hongkong Internasionale Lughawe | ||||||
Fokusstede | |||||||
Lojaliteitsprogram |
| ||||||
Alliansie | Oneworld | ||||||
Subsidiêre |
| ||||||
Vlootgrootte | 193 insl. vrag | ||||||
Bestemmings | 89 insl. vrag | ||||||
Houermaatskappy | Swire Pacific | ||||||
Hoofkantoor | Gereg. kantoor: One Pacific Place, Hongkong Hoofkantoor: Hongkong Internasionale Lughawe, Chek Lap Kok, Hongkong. | ||||||
Sleutelpersone |
| ||||||
Omset | HK$ 45,587 miljard (2021) | ||||||
Bedryfsinkomste | −HK$ 1,443 miljard (2021) | ||||||
Netto inkomste | −HK$ 5,526 miljard (2021) | ||||||
Werknemers | 21 600 (2021, insl. filiale) | ||||||
Webwerf | http://www.cathaypacific.com |
Die lugredery het vele bedrywighede, insluitend geskeduleerde passasiers- en vragdienste na 168 bestemmings in 42 lande wêreldwyd. Kodedeel en gesamentlike ondernemings word met 'n vloot van wyeromp-vliegtuie onderneem, bestaande uit toerusting van Airbus A330, A340, Boeing 747-400 en 777. Die lugredery bedryf ook 'n vyfde vryheidsvlug van Bangkok en Taipei, sy fokusstede. Sy volfiliaal, Dragonair, vlieg na 44 bestemmings in die Asië-Stille Oseaan-streek vanuit sy Hongkongbasis.
In 2010 het Cathay Pacific en Dragonair saam byna 27 miljoen passasiers en meer as 1,8 miljoen ton vrag en pos vervoer.
- 'n Cathay Pacific Boeing 777-300ER land op Hongkong Internasionale Lughawe.
- 'n Cathay Pacific Boeing 777-300ER in die nuwe kleurskema.
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |