Caster Semenya
Mokgadi Caster Semenya[1] OIB (* Ga-Masehlong, naby Polokwane, 7 Januarie 1991) is 'n Suid-Afrikaanse middelafstandatleet wat in die 800 m-item spesialiseer. Sy het in hierdie baanitem Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen geword.
Op 6 Julie 2010 het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) toestemming verleen dat sy weer teen vroueatlete mag deelneem, na uitgerekte spekulasie oor haar geslag.[2] Sy wen haar eerste wedloop na haar hertoetrede toe sy op 15 Julie 2010 gemaklik met 'n tyd van 2:04.22 by die Lappeenranta-spele in Finland wen.[3]
Tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 wen sy 'n silwermedalje in die 800 m-wedloop (later deur die IOK opgegradeer na goud). Semenya het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[4]
Op 20 Augustus 2016 wen sy 'n goue medalje in die 800 m-wedloop by die Olimpiese Spele van 2016 in Rio de Janeiro, in 'n tyd van 1:55.28.[5]
Titels
- Olimpiese kampioen 800 m – 2016
- Afrikakampioen 800 m – 2015
- Wêreldkampioen 800 m – 2009
- Suid-Afrikaanse kampioen 800 m – 2009
- Afrika Jeugkampioen 800 m – 2009
- Afrika Jeugkampioen 1500 m – 2009
Medaljes
Datum | Kompetisie | Plek | Uitslag | Item |
---|---|---|---|---|
2009 | Wêreldatletiekkampioenskap | Berlyn | 1ste | 800 m |
2011 | Wêreldatletiekkampioenskap | Daegu | 2de | 800 m |
2012 | Olimpiese Somerspele 2012 | Londen | Goud | 800 m |
2015 | Afrika-atletiekkampioenskap | Brazzaville | 1ste | 800 m |
2016 | Olimpiese Somerspele 2016 | Rio de Janeiro | Goud | 800 m |
Persoonlike rekords
Item | Prestasie | Datum | Plek |
---|---|---|---|
400 m | 52,54 s | 26 Maart 2011 | Germiston |
600 m | 1.25,56 | 13 Junie 2012 | Turku |
800 m | 1.55,28 (nasionale rekord) | 20 Augustus 2016 | Rio de Janeiro |
1500 m | 4.08,01 | 2 Augustus 2009 | Bambous |
Persoonlike lewe en eerbetonings
Semenya het tydens die Vryheidsdag op 27 April 2014 die Orde van Ikhamanga in brons ontvang.[6]
Verwysings
- Geboortecertificaat op BBC News
- IAAF: Semenya mág as vrou deelneem Geargiveer 17 Julie 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 13 Julie 2010.
- Semenya wen eerste wedloop Geargiveer 18 Julie 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 15 Julie 2010.
- "Caster Semenya rightly chosen to bear South Africa's flag at opening ceremony" (in Engels). CBS Sports. 22 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2014.
- "Rio Olympics: Caster Semenya Leaves No Doubt in 800" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.
- "Zuma presents National Orders in Pretoria" (in Engels). eNCA. 27 April 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2019.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Caster Semenya.
- (en) Caster Semenya se IAAF-profiel
Voorafgegaan deur Natalie du Toit |
Vlagdraer vir Suid-Afrika Londen 2012 |
Opgevolg deur Wayde van Niekerk |