Carpobrotus
Carpobrotus, in die volksmond bekend as die suurvye, is 'n vetplant-genus wat tot die Aizoaceae-familie behoort en in 1925 vir die eerste keer beskryf is. In Afrika is die genus inheems aan Mosambiek, Namibië en Suid-Afrika. Die spesie is ook inheems aan suidelike Argentinië, Australië, Chile, Norfolkeiland en Tasmanië.
Suurvye | |
---|---|
Carpobrotus edulis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Tribus: | Ruschieae |
Genus: | Carpobrotus N.E.Br., 1925 |
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Die genus is meerjarige plante wat soms groot matte op die grond vorm en die stamme is maroen tot geel. Die sap van die spesies word as 'n antiseptiese middel gebruik en die vrugte vir konfyt.
Spesies
Daar is dertien spesies wat tot die genus behoort:
- Carpobrotus acinaciformis (L.) L.Bolus
- Carpobrotus aequilaterus (Haw.) N.E.Br.
- Carpobrotus chilensis (Molina) N.E.Br.
- Carpobrotus deliciosus (L.Bolus) L.Bolus
- Carpobrotus dimidiatus (Haw.) L.Bolus
- Carpobrotus edulis (L.) N.E.Br.
- Carpobrotus glaucescens (Haw.) Schwantes
- Carpobrotus mellei (L.Bolus) L.Bolus
- Carpobrotus modestus S.T.Blake
- Carpobrotus muirii (L.Bolus) L.Bolus
- Carpobrotus quadrifidus L.Bolus
- Carpobrotus rossii (Haw.) Schwantes
- Carpobrotus virescens (Haw.) Schwantes
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.