Carola Schouten
Cornelia Johanna (Carola) Schouten (gebore 6 Oktober 1977 in 's-Hertogenbosch) is 'n Nederlandse politikus wat aan die ChristenUnie-party behoort.
Carola Schouten | |
![]() In 2019 | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 26 Oktober 2017 | |
Eerste minister | Mark Rutte (Rutte III- en Rutte IV-kabinet) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Lodewijk Asscher |
Minister vir Armoedebeleid, Deelname en Pensioene | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 10 Januarie 2022 | |
Eerste minister | Mark Rutte (Rutte IV-kabinet) |
Minister van Landbou, Natuur en Voedselkwaliteit | |
Ampstermyn 26 Oktober 2017 – 10 Januarie 2022 | |
Eerste minister | Mark Rutte (Rutte III-kabinet) |
Voorafgegaan deur | Henk Kamp |
Opgevolg deur | Henk Staghouwer |
Lid van die Tweede Kamer | |
Ampstermyn 31 Maart 2021 – 10 Januarie 2022 | |
Voorafgegaan deur | Stieneke van der Graaf |
Opgevolg deur | Stieneke van der Graaf |
Ampstermyn 18 Mei 2011 – 26 Oktober 2017 | |
Voorafgegaan deur | André Rouvoet |
Opgevolg deur | Stieneke van der Graaf |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 6 Oktober 1977 's-Hertogenbosch, Nederland |
Politieke party | ChristenUnie (CU) |
Alma mater | Bedryfskunde - Erasmus Universiteit Rotterdam |
Religie | Gereformeerde Kerke vrygemaak |
Schouten het bedryfskunde aan die Erasmus Universiteit Rotterdam gestudeer en by die Nederlandse Ministerie vir Sosiale Sake en Werkgeleenthede, asook vir die ChristenUnie se Tweede Kamer-groep gewerk.
Van Mei 2011 tot Oktober 2017 was sy 'n lid van die Tweede Kamer gewees, waar sy haar met huisvesting, finansies, pensioene en hoër onderwys besig gehou het. Van Oktober 2017 tot Januarie 2022 was sy die minister van Landbou, Natuur en Voedselkwaliteit, asook die derde adjunk-premier[1] in die Rutte III-kabinet gewees.
Van Maart 2021 tot Januarie 2022 was sy opnuut 'n lid van die Tweede Kamer gewees. Vanaf Januarie 2022 is sy die minister vir Armoedebeleid, Deelname en Pensioene en weer eens die derde adjunk-premier[2] in die Rutte IV-kabinet.
Schouten is afkomstig uit die Land van Heusden en Altena, waar sy in die dorpies Waardhuizen en Giessen grootgeword het. Teenswoordig is sy in Rotterdam woonagtig. Sy is nie getroud nie en het een kind. Kerklik behoort sy tot die Gereformeerde Kerke vrygemaak.
Verwysings
- Rutte III-kabinet: Hugo de Jonge (CDA) was die eerste en Kajsa Ollongren (D66) die tweede adjunk-premier gewees.
- Rutte IV-kabinet: Sigrid Kaag (D66) was die eerste en Karien van Gennip (CDA) is die tweede adjunk-premier.
Bronne
- Drs. C.J. (Carola) Schouten, Parlement.com
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Carola Schouten.
- Carola Schouten, Rijksoverheid