Carina-dwergsterrestelsel
Die Carina-dwergsterrestelsel of PGC 19441 is ’n satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Kiel (Carina). Dit is in 1977 met die UK Schmidt-teleskoop ontdek deur Cannon en ander.[1][2]
Carina-dwergsterrestelsel | ||||
![]() | ||||
Soort stelsel | Dwergsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Kiel (Carina) | |||
Tipe | E3 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 06h 41m 36,7s | |||
Deklinasie | -50º 57' 58" | |||
Skynmagnitude | 11,3B | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 330 000 | |||
Skynbare grootte | 23′,4 × 15′,5 | |||
Rooiverskuiwing | 230 ± 60 km/s | |||
Kenmerke | Melkwegsatelliet | |||
Ander name | PGC 19441 | |||
|
Carina beweeg teen ’n snelheid van 230 km/s weg van die Melkweg. Dit lyk of dit miljarde jare gelede ontstaan het ná die vorming van die Melkweg se ander satellietstelsels, aangesien sy oudste sterre jonger as 7 miljard jaar is.[3] Dit is dus redelik jonk in vergelyking met die Melkweg, wat na raming sowat 13,6 miljard jaar gelede gevorm het – byna saam met die res van die heelal. Dit het waarskynlik ’n komplekse geskiedenis, met drie moontlike afsonderlike uitbarstings van stervorming.[4] Dit word ook deur die Melkweg se swaartekrag beïnvloed.[5]
Verwysings
- "Carina Dwarf" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2008. Besoek op 13 Oktober 2007.
- R. D. Cannon, T. G. Hawarden, S. B. Tritton; Hawarden; Tritton (1977). "A new Sculptor-type dwarf elliptical galaxy in Carina". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 180: 81–82. Bibcode:1977MNRAS.180P..81C.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - The Satellite Galaxies
- Hurley-Keller, Dennise (1998). "The Star Formation History of the Carina Dwarf Galaxy". The Astronomical Journal. 115: 1840. arXiv:astro-ph/9804058. Bibcode:1998AJ....115.1840H. doi:10.1086/300326.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp) - Kuhn, JR (1996). "Tidal Disruption and Tails from the Carina Dwarf Spheroidal Galaxy". The Astrophysical Journal. 469: L93–L96. Bibcode:1996ApJ...469L..93K. doi:10.1086/310270.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|coauthors=
geïgnoreer (hulp)
Eksterne skakels
- Koördinate:
06h 41m 36.7s, −50° 57′ 58″
- Carina-dwerg Geargiveer 30 Junie 2008 op Wayback Machine
- Waarnemings van getyinvloede
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dwergsterrestelsels.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.