Cardiff Blues

Cardiff Blues ((cym) Gleision Caerdydd), is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker en die Anglo-Walliese Beker. Cardiff Blues is verantwoordelik vir die ontwikkeling van rugby in Cardiff, Vale of Glamorgan, Rhondda Cynon Taf, Merthyr Tydfil en suid-Powys.[1] In die streek van die Cardiff Blues is daar 75 geassosieerde klubs, insluitend die semiprofessionele Pontypridd RVK en die Cardiff RVK wat albei in die Walliese Premierskap speel.

Cardiff Blues
Unie Walliese Rugbyunie
Bynaam(e) Blues
Stigting 1876
Stadion Cardiff Arms Park, Cardiff
Kapasiteit 12 125
Afrigter(s) Vlag van Wallis Danny Wilson
Kaptein(s) Gethin Jenkins
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 9de
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 234 Taufa’ao Filise
Meeste punte 1 078 Ben Blair
Meeste drieë 56 Tom James
Amptelike webwerf
www.cardiffblues.com

Geskiedenis

Stigting

Wallis se rugbyunies, die blou gedeelte is Cardiff Blues.

Tot die aanvang van die 2003-’04-seisoen was Walliese rugby in ’n ligapiramiede gestruktureer met nege professionele klubs bo-aan. Die stelsel was soortgelyk aan die klubstelsels van die Engelse Premierskap en die Franse Top 14. Ten tyde van die 2002-’03-seisoen was dit egter duidelik dat Wallis om finansiële redes nie ondersteuning aan nege professionele spanne kon bied nie.[2]

Die destydse HUB van die Walliese Rugbyunie (WRU), David Moffett, het begin met ’n proses om die bestaande nege clubs[3] in streekspanne te verdeel.

’n Ooreenkoms is bereik waarvolgens Cardiff RVK toegelaat sou word om ’n “alleenstaande” klub te vorn, wat behels dat hulle met geen van die ander agt professionele klubs saam hoef te smelt nie.[4] Cardiff RVK is gevolglik ’n nuwe naam gegee (Cardiff Blues) tydens ’n geleentheid op 6 Junie 2003.

Tydens die bekendstelling van die Cardiff Blues-handelsmerk in Junie 2003 het Robert Norster, Hoof- Uitvoerende Beampte gesê “baie moeite is gedoen om te verseker dat die afgelope 127 jaar van klubtradisies behoue bly. Ons is verheug deur die wyse waarop hierdie aspekte gerespekteer en behou is binne die nuwe moderne handelsmerk.” Hierdie noue verhouding met Cardiff RVK het veroorsaak dat lede en ondersteuners van ander klubs, veral Pontypridd dit afgekeur het.[5]

Daar was telke male pogings om die klub te kry om die “Cardiff”-deel uit die naam te verwyder, om so hul bande met die ou Cardiff RVK te verbreek en weg te beweeg van dei tradisionele blou drag wat deur CRVK gedra is.[6][7] Voorstanders van hierdie idee het na die Superrugbytoernooi verwys waar spanne soos die Cheetahs en Crusaders nie ’n geografiese aanduider in hul name het nie.[8] Hierdie pogings het toegeneem toe die Celtic Warriors streekspan in 2004 ontbind is en die ou teenstanders Pontypridd in die opvangsgebied van die Cardiff Blues beland het. Daar was egter uit klubgeledere noemenswaardige teenkanting teen so ’n voorstel aangesien die Cardiff-klub teen ’n koste van £1 000 000 aleenstaandestatus verkry het en in die lig dat die handelsnaamverandering in 2003 plaasgevind het (geen ander klub of maatskappy was betrokke by Cardiff RVK Bpk. nie).[9]

Kleure

Met die ontstaan van die Cardiff Blues het hulle kleure ooreengestem met die tradisionele kleure van Cardiff RVK, naamlik Cambridge-blou en swart. Vir die tweede seisoen is ’n variasie van hierdie kleure gebruik met wit wat gebruik is as alternatiewe drag in die geval van ’n ooreentemming van kleure met die opponente.

In 2006 het Cardiff Blues hul tuisdrag verander en het hulle weg beweeg van die swart naas die blou; dit is geïnterpreteer as ’n skuif weg van die ou identiteit van Cardiff RVK.[10]

Tuisveld

Die Cardiff Blues het sedert hul ontstaan in 2003 hul tuiswedstryde op Cardiff Arms Park gespeel, met ’n aantal hoëprofielwedstryde, soos 2008-’09 se Heinekenbekerhalfeindstryd teen Leicester Tigers, wat op die naburige Millennium-stadion gespeel is.

Aan die begin van die 2009-’10-seisoen het die span hul tuiswedstryde na die nuwe Cardiff City-stadion geskuif met ’n vriendskaplike wedstryd teen Leicester as eerste op die nuwe tuisveld, waar ’n skare van 16 000 gekyk het hoe die Cardiff Blues met 5–14 verloor het.[11] Cardiff Blues het jaarliks £350 000 aan huur vir die gebruik van die stadion betaal, plus ’n soortgelyke bedrag aan diensfooie en hulle het die koste vir elke wedstryddag ook gedra. Hierdie koste is later as onvolhoubaar beskryf.[12]

In die 2011-’12-seisoen het finansiële druk en toeskouerontevredenheid daartoe gelei dat sommige wedstryde na die Arms Park geskuif is. Die wedstryde op 10 en 17 Februarie 2012 teen onderskeidelik Connacht en Ulster is uitverkoop en dit het geblyk dat toeskouers die Arms Park verkies.

Op 8 Mei 2012 is aangekondig dat die huurooreenkoms van 20 jaar tussen Cardiff City VK en die Cardiff Blues verbreek is deur wedersydse toestemming. Van die 2012-’13-seisoen af het tuiswedstryde weer op die Arms Park plaasgevind.

Seisoenbepalings

Keltiese Beker

Seisoen Rondte Wedstryd
2003-’04 Kwarteindstryd Edinburgh 35–21 Cardiff Blues

Keltiese Liga/Pro12/Pro14

Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2003-’04 6de 22110111054
2004-’05 9de 208111640
2005-’06 4de 2011091163
2006-’07 2de 201316963
2007-’08 2de 181206856
2008-’09 6de 18819438
2009-’10 5de 181008444
2010-’11 6de 221318660
2011-’12 7de 22100121050
2012-’13 9de 228014638
2013-’14 7de 228113741
2014-’15 10de 227114535
2015-’16 7de 22110111256
2016-’17 7de 2211110753
2017-’18 9de 21110101054
2018-’19 8ste 21100111454

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2003-’04 Poel 3 3de 6204311
2004-’05 Poel 6 4de 610537
2005-’06 Poel 2 3de 6303315
2006-’07 Poel 4 3de 620419
2007-’08 Poel 3 1ste 6411220Verloor in kwarteindstryd teen Toulouse
2008-’09 Poel 6 1ste 6600327Verloor in haldeindstryd teen Leicester Tigers
2010-’11 Poel 1 2de 6303214
2011-’12 Poel 2 2de 6501121Verloor in kwarteindstryd teen Leinster
2012-’13 Poel 6 3de 610526
2013-’14 Poel 2 2de 6303214

Europese Rugbyuitdaagbeker

Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
2009-’10 Poel 5 2de 6402218Wen in eindstryd teen Toulon
2014-’15 Poel 1 2de 6501424Verloor in kwarteindstryd teen Newport Gwent Dragons
2015-’16 Poel 3 3de 6303517
2016-’17 Poel 4 2de 6501222Verloor in kwarteindstryd teen Gloucester

Huidige span

Cardiff Blues se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte

  • Scott Andrews
  • Corey Domachowski
  • Vlag van Georgië Anton Peikrishvili
  • Rhys Gill
  • Gethin Jenkins Kaptein
  • Dillon Lewis
  • Brad Thyer

Hakers

  • Kristian Dacey
  • Ethan Lewis
  • Kirby Myhill
  • Matthew Rees

Slotte

  • Macauley Cook
  • Seb Davies
  • James Down
  • Vlag van Suid-Afrika George Earle
  • Vlag van Engeland Damien Welch
 

Losvoorspelers

  • Sion Bennett
  • Ellis Jenkinsl
  • Josh Navidi
  • Josh Turnbull
  • Sam Warburton
  • Vlag van Nieu-Seeland Nick Williams

Skrumskakels

  • Lewis Jones
  • Lloyd Williams
  • Tomos Williams

Losskakels

  • Gareth Anscombe
  • Jarrod Evans
  • Steven Shingler
  • Nicky Robinson
 

Senters

  • Vlag van Nieu-Seeland Willis Halaholo
  • Vlag van Samoa Rey Lee-Lo
  • Jack Roberts
  • Garyn Smith

Vleuels

  • Alex Cuthbert
  • Tom James
  • Vlag van Verenigde State van Amerika Blaine Scully
  • Aled Summerhill

Heelagters

  • Dan Fish
  • Matthew Morgan
  • Rhun Williams

Eksterne skakel

Verwysings

  1. (en) Cardiff Blues: Streeksklubs Geargiveer 20 Oktober 2007 op Wayback Machine
  2. (en) Walliese Rugbyunie : Klubs Se Oorweldigende Steun Moffett Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine
  3. (Bridgend RVK; Caerphilly RVK; Cardiff RVK; Ebbw Vale RVK; Llanelli RVK; Neath RVK; Newport RVK; Pontypridd RVK; Swansea RVK)
  4. (en) Ooroeenkoms oor vyfklubbefondsing in Wallis
  5. (en) Jackson, Peter (2 November 2006). "Waarom die woede in Ponty voortduur". Daily Mail. London.
  6. (en) Jones se radikale Blues-druk vir die toekoms
  7. (en) Blues sal nie Cardiff laat vaar
  8. (en) Super 14-spanne
  9. (en) Cardiff gaan bly
  10. (en) Ondersteuners sien rooi oor nuwe kleure vir Blues – icWales
  11. (en) "Cardiff Blues 5–14 Leicester". BBC News. 21 Augustus 2009.
  12. Law, Peter (8 Junie 2012). "Cardiff Blues rapporteer operasionale verlies van £2,3m vir afgelope jaar" (html) (in Engels). WalesOnline.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 11 Augustus 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.