Carcharodontosauridae
Carcharodontosauridae (van die Grieks vir "haaitand-akkedisse") was ’n groep vleisvretende teropode-dinosourusse. Dit sluit van die grootste landroofdiere in wat nog geleef het: Giganotosaurus, Mapusaurus, Carcharodontosaurus en Tyrannotitan was almal net so groot of groter as Tyrannosaurus.
Carcharodontosauridae | |
---|---|
’n Afdruk van die skedel van Carcharodontosaurus saharicus, Santa Barbara. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | Carcharodontosauridae (Stromer, 1931) |
Subgroepe | |
|
Carcharodontosauridae | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||
| ||||||||||||||
Evolusie
Saam met die Spinosauridae was die karcharodontosourides in die Vroeë en Middel-Kryt die grootste roofdiere van Gondwana, met spesies wat ook in Noord-Amerika en Asië voorgekom het.[1] Hul ouderdomme wissel van die Barremium- (127-121 miljoen jaar gelede) tot die Turonium-tydsnede (93-89 miljoen jaar gelede). Ná die Turonium is hulle moontlik vervang deur die kleiner abelisourides in Gondwana en deur die tirannosourides in Noord-Amerika en Asië. Dit lyk of die vervanging van dié diere, asook spinosourides en ander soorte, wêreldwyd plaasgevind het.[2] ’n Paar tande uit die laat Maastricht en ander stukke uit die Campanium-Maastricht-grens in Brasilië lyk egter of dit aan karcharodontosourides behoort, wat aandui dat hulle minstens tot aan die einde van die Kryt oorleef het.[3][4]
Verwysings
- Brusatte, S., Benson, R., Chure, D., Xu, X., Sullivan, C., and Hone, D. (2009). "The first definitive carcharodontosaurid (Dinosauria: Theropoda) from Asia and the delayed ascent of tyrannosaurids." Naturwissenschaften, doi:10.1007/s00114-009-0565-2 PMID 19488730
- Novas, de Valais, Vickers-Rich, and Rich. (2005). "A large Cretaceous theropod from Patagonia, Argentina, and the evolution of carcharodontosaurids." Naturwissenschaften,
- Rodrigo P. Fernandes de Azevedo, Felipe Medeiros Simbras, Miguel Rodrigues Furtado, Carlos Roberto A. Candeiro and Lílian Paglarelli Bergqvist (2013). "First Brazilian carcharodontosaurid and other new theropod dinosaur fossils from the Campanian–Maastrichtian Presidente Prudente Formation, São Paulo State, southeastern Brazil". Cretaceous Research. 40: 131–142. doi:10.1016/j.cretres.2012.06.004.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - Carlos Roberto Candeiro, Philip Currie and Lílian Bergqvist (2012). "Theropod teeth from the Marília Formation (late Maastrichtian) at the Paleontological Site of Peirópolis in Minas Gerais State, Brazil". Revista Brasileira de Geociências. 42 (2): 323–330. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 24 Maart 2014.