Carcharhinidae

Die Blouhaaie (Carcharhinidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Carcharhiniformes. Daar is twaalf genera met vyftig spesies wat hoort tot dié familie en drie en twinig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Carcharhinidae
Tydperk: Early Eocene–Onlangs
Tierhaai
(Galeocerdo cuvier)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Orde:
Familie:
Carcharhinidae

D. S. Jordan & Evermann, 1896
Genera

Sien teks.

Kenmerke

Die familie het twee dorsale vinne en 'n anale vin. Die lengte van die onderste lob van die stert is ongeveer ⅓ tot 'n ½ van die lengte van die boonste stertlob. Die familie kan tot 7.4 m lank word. Slegs twee van die spesies wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom bly slegs in die oseaan. Die ander kom ook voor in riviere, riviermondings en strandmere.

Genera

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Carcharhinus
  • Galeocerdo
  • Loxodon
  • Prionace
  • Rhizoprionodon
  • Triaenodon

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Verwysings

    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.