Caral

Caral of Caral-Chupacigarro was 'n groot nedersetting in die Supevallei naby Supe in die Barrancaprovinsie van Peru. Dit is sowat 200 km noord van Lima en 25 km oos van die Stille Oseaan se kus geleë. Caral is die oudste bekende Indiaanse nedersetting in die Amerikas en 'n deeglik bestudeerde argeologiese terrein van die Norte Chico-beskawing.

Piramides in Caral
Struktuur in Caral
Heilige Stad Caral-Supe*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Piramidale oorblyfsels in Caral
Ligging van Caral op 'n kaart (Peru)
Caral
Caral
Ligging van Caral in Peru
Koördinate: 10°53′37″S 77°31′13″W
Lande Vlag van Peru Peru
Tipe Kultuur
Kriteria ii, iii, iv
Verwysings 1269
Streek Suid-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2009  (33ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Caral se ouderdom is deur middel van rietsakke met die radiokoolstofmetode op 'n ouderdom van sowat 5000 jaar bepaal en dit behoort dus tot die Andes se voorkeramiektydperk IV-VI, soos die nedersettings en tempelkomplekse van Salinas de Chao (3300 v.C.), La Galgala (3000 v.C.) en die effens jonger Chuquitana. Caral se bloeitydperk stem ooreen met die aanvangsfase (1800–1000 v.C.), waartydens die hele Andesruimte 'n groot opswaai beleef het, soos dit uit die gebruik van keramiek blyk. Caral se ouderdom is vergelykbaar met die eerste groot beskawings in die menslike geskiedenis soos Mesopotamië, Antieke Egipte en Indusvalleibeskawing, maar kon nie dié beskawings se belangrikheid bereik nie. Caral beslaan 'n gebied van sowat 60 hektaar en bestaan uit twee kringvormige, in die grond ingelate sentras.

Caral word deur ses plat, piramidale bouwerke, waarvan die grootste 160 m lang, 150 m breed en 18 m hoog is. Langs die ingang van die Piramide staan twee 3,5 m hoë monoliete gemaak uit graniet. Die oorsprong van die gesteentes is nie seker nie. Die kleinste Piramide is 60 m lang, 45 m breed en 10 m hoog. Die oppervlaktes wat in die grond ingelate is, herinner aan 'n amfiteater.

Versterkte geboue, loopgrawe of -mure en wapens, soos hulle elders in Peru algemeen voorkom, is in Caral egter nie gevind nie. Die argeoloog van Caral, Ruth Shady Solis, vermoed, dat die kusgebiede deur die klimaatverskynsel El Niño gereeld met oorstromings geteister is en die inwoners gedwing het om na die woestyn uit te wyk. Die hele vallei is met besproeiingskanale deurtrek wat die verbouing van komkommer, boontjies en veral katoen vergemaklik het. As gevolg van die see se nabyheid kon die inwoners van Caral vis as voedsel gebruik. Tydens die opgrawings is visgrate, slakdoppe en skulpe, soortgelyk aan dié van die Amasonerivier, gevind.

Die bevolking van Caral was volgens skattings egter min, vir die bloeitydperk word dit op sowat 1 000 geskat. Die verskillende argitektoniese style van die geboue getuig van 'n sosiale stratifikasie. Tot dusver kon slegs twee geraamtes van kinders in die stad gevind word; 'n begraafplaas is egter nog nie gevind nie. Die stad was omtrent 1200 v.C. verlate, die rede daarvoor is egter onbekend.

Die Heilige Stad Caral-Supe is in 2009 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Panorama van Caral
360° Panorama van Caral

Sien ook

Verdere leesstof

  • (de) Doris Kurella: Kulturen und Bauwerke des Alten Peru. Geschichte im Rucksack (= Kröners Taschenausgabe. Band 505). Kröner, Stuttgart 2008, ISBN 978-3-520-50501-9, (Caral: bl. 39-47.).
  • (en) (es) R. Shady Solís: Caral – La Ciudad del Fuego Sagrado / The City of the Sacred Fire. Interbank 2004.
  • (en) R. Shady Solís, J. Haas, W. Creamer: Dating Caral, a preceramic site in the Supe Valley on the central coast of Peru. In: Science 292 (April 2001), bl. 723–726.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.