Capri

Capri (Italiaans: [ˈkaːpri]) is ’n rotseiland en gewilde vakansiebestemming naby die stad Napels in die suide van Italië.[1] Capri is - as een van drie eilande in die Golf van Napels (die twee ander is Ischia en Procida) - in die Italiaanse provinsie Kampanië geleë en beslaan 'n oppervlakte van 10,4 km². Die eiland bestaan uit kalksteen en is bergagtig met steil kranse, maar het ook plat stukke. Die hoogste punt is Monte Solaro (589 meter). Daar is twee dorpe: Capri en Anacapri.

Capri
Nasa-Satellietbeeld van Capri
Nasa-Satellietbeeld van Capri
Geografie
LiggingItalië, Middellandse See
Koördinate40°33′03″N 14°14′36″O

Oppervlakte10,4 vk km
Hoogste puntMonte Solaro 589 m
Administrasie
Vlag van Italië Italië
Streek Kampanië

HoofstadCapri
Grootste stadCapri (7 278)

Demografie
Bevolking12 200
BevolkingsgroepeItalianers

In die somer word die eiland druk deur beide Italiaanse en buitelandse toeriste besoek. Die eiland het twaalf kerke en sewe museums, maar die bekendste aantreklikheid is die Blou Grot (Italiaans: Grotta Azzurra). Talle feeste word jaarliks aangebied, waaronder 'n internasionale filmfees.

'n Aantal geregte is na die eiland genoem, onder andere:

  • Insalata caprese
  • Pizza Caprese
  • Torta Caprese

Fotogalery

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.