Kaapse Onafhanklikheids Party
Die Kaapse Onafhanklikheids Party (sic, CAPE) is 'n politieke party in Suid-Afrika wat poog om alle grondwetlike en wettige middele te gebruik om onafhanklikheid vir die Wes-Kaap, Noord-Kaap (met die uitsondering van twee distrikte)[1], ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, en een munisipaliteit in die Vrystaat, teweeg te bring.[2] Die gebied sluit alle munisipaliteite in dié provinsies in met 'n Afrikaanssprekende meerderheid. In 2009 het dit 'n ledetal van ongeveer 1000 mense regoor Suid-Afrika gehad, wat teen 2017 tot meer as 10 000 gegroei het.[3]
Kaapse Onafhanklikheids Party | |
CAPE | |
Leier | Jack Miller |
---|---|
Gestig | 2007 |
Hoofkwartier | Cavendish Close Office G Warwickstraat Claremont Kaapstad |
Ideologie | Direkte demokrasie Kaapse afstigting Dirigisme |
Amptelike kleure | Blou, Wit en Rooi |
Webblad | www |
In 'n publikasie van 'n Bolandse koerant het die regsverteenwoordiger van die Cape Party, advokaat Carlo Viljoen, beweer dat die Cape Party ondersteuners van alle sektore van die Kaaplander-samelewing het en dat die Cape Party slegs in 2018 met meer as 10 000 gegroei het.[4]
Die Cape Party is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer en was op die provinsiale stembriewe van die Wes-Kaap in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009,[5] toe die party 2552 stemme ontvang het.[6] Die party het weer aan die munisipale verkiesing in 2016 deelgeneem[7] en 4 473 stemme ontvang.
Gedurende November 2017 het die party aan die tussenverkiesing vir die Brackenfell-wyk deelgeneem, waarin dit 18,72% van die stemme ontvang het en die tweede plek, na die Demokratiese Alliansie, ingeneem het.[8]
Gedurende Desember 2018 het die party weer aan die tussenverkiesing vir die Saldanha-wyk deelgeneem, toe dit weer in die tweede plek, ná die Demokratiese Alliansie, en voor die ANC gekom het.[9]
Gedurende Februarie 2019 was die party tweede, ná die Demokratiese Alliansie, voor die ANC, in die tussenverkiesing in Seepunt.[10]
Die party het die 2019 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing slegs op provinsiale vlak in die Wes-Kaap betwis.
Verwysings
- "CitizenX: Cape Party Manifesto". CitizenX. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2012. Besoek op 7 September 2010.
- "FAQs". Cape Party. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2009. Besoek op 8 Februarie 2010.
- "Cape must secede from SA" (in Engels). Independent Online. 25 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2017. Besoek op 10 Julie 2017.
- Editor, Letter to the (5 September 2018). "Cape Party not racist". Bolander Lifestyle (in Engels (VK)). Besoek op 22 Februarie 2019.
{{cite web}}
:|last=
has generic name (hulp) - "Final List of Parties to contest the 2009 Elections" (in Engels). Polity.org.za. 11 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2019. Besoek op 13 April 2009.
- "Final Results for Western Cape Elections". politicsweb.co.za. 25 April 2009. Besoek op 8 Februarie 2010.
- "Cape Party to Keep Fighting – Western Cape – IOL" (in Engels). Independent Online. 25 Maart 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2012. Besoek op 14 April 2011.
- "IEC Results Dashboard". www.elections.org.za. Besoek op 18 Junie 2018.
- http://www.elections.org.za/content/pages/reports/ReportHandler.aspx?lReportID=1&lEEID=767&i=1&columns=1000&WardID=10104005&sReportName=BYELEC_Detailed&sFormat=PDF
- "Electoral Commission : News Article". www.elections.org.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2019. Besoek op 22 Februarie 2019.
Eksterne skakels
- Amptelike webwerf
- Kaapse Onafhanklikheids Party op Facebook
- Kaapse Onafhanklikheids Party op Twitter
- Kanaal van Kaapse Onafhanklikheids Party op YouTube
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |