Cannes-rolprentfees 2019

Die 72ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2019 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Mexikaanse rolprentmaker Alejandro González Iñárritu was die president van die jurie.[2][3] Die Suid-Koreaanse prent Parasite, waarvan Bong Joon-ho die regisseur was, het die Palme d'Or gewen; Bong was die eerste Koreaanse regisseur wat die prys wen.[4]

  Cannes-rolprentfees 2019 

Datum14-25 Mei 2019
PlekCannes, Frankryk
Aanbieder Édouard Baer
Getal prente 21 (In Kompetisie)
18 (Un Certain Regard)
11 (kortflieks)
Webtuiste Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek The Dead Don't Die
Afsluitingsfliek The Specials
Palme d'Or Parasite

Die fees is geopen met die Amerikaanse regisseur Jim Jarmusch se zombiekomedie The Dead Don't Die[5] en is afgesluit met Olivier Nakache en Éric Toledano se The Specials. Hulde is gebring aan die Franse rolprentmaker Agnès Varda, wat in Maart 2019 oorlede is, en sy het op die fees se amptelike plakkaat verskyn.[6] Die foto is geneem tydens die verfilming van haar debuutprent, La Pointe Courte (1955), wat later op die Cannes-rolprentfees vertoon is.[7]

Belangrikste rolprentpryse

Bong Joon-ho.
Antonio Banderas.
Rolprent Regisseur Land Prys
ParasiteBong Joon-hoSuid-KoreaPalme d'Or
AtlanticsMati DiopSenegal, Frankryk, BelgiëGrand Prix
Bacurau
Les Misérables
Kleber Mendonça Filho en Juliano Dornelles
Ladj Ly
Brasilië
Frankryk
Jurieprys
The Invisible Life of Eurídice GusmãoKarim AïnouzBrasiliëUn Certain Regard
Mano a manoLouise CourvoisierFrankrykCinéfondation
The Distance Between Us and the SkyVasilis KekatosGriekeland, FrankrykKortfilm-Palme d'Or

Ander pryse

Prys Wenner Rolprent Land
Beste regisseurJean-Pierre en Luc DardenneYoung AhmedBelgië
Beste draaiboekCéline SciammaPortrait of a Lady on FireFrankryk
Beste akteurAntonio BanderasPain and GlorySpanje
Beste aktriseEmily BeechamLittle JoeOostenryk, Duitsland, VK

Verwysings

  1. Richford, Rhonda (9 Julie 2018). "Cannes Film Festival Unveils 2019 Dates". The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2019. Besoek op 9 Julie 2018.
  2. "Alejandro González Iñárritu Jury President of the Festival de Cannes 2019" (in Engels). 27 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019. Besoek op 27 Februarie 2019.
  3. Goodfellow, Melanie. "Cannes 2019: who's in the running?". Screen. Besoek op 14 Maart 2019.
  4. "Bong Joon-ho's Parasite wins Palme d'Or at Cannes film festival". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 26 Mei 2019.
  5. "Jim Jarmusch's Zombie Movie 'The Dead Don't Die' to Open Cannes". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2019. Besoek op 10 April 2019.
  6. "Cannes Film Festival unveils its official 2019 poster". Film Industry Network. 15 April 2019.
  7. "Cannes: Festival Pays Tribute To The Late Agnès Varda With New Poster". https://deadline.com/2019/04/cannes-film-festival-poster-agnes-varda-1202595848/. Besoek op 16 April 2019.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.