Cannes-rolprentfees 2011
Die 64ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 11-22 Mei 2011 gehou.[1] Die Amerikaanse akteur Robert de Niro was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2][3] Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Mélanie Laurent het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[4] Altesaam 50 rolprente en kortfilms is vertoon.
Cannes-rolprentfees 2011
| ||
Datum | 11-22 Mei 2011 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Mélanie Laurent | |
Getal prente | 20 (In Kompetisie) 21 (Un Certain Regard) 9 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Midnight in Paris | |
Afsluitingsfliek | The Beloved | |
Palme d'Or | The Tree of Life |
Die Amerikaanse rolprent The Tree of Life, met Terrence Malick as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Woody Allen se Midnight in Paris[5][6] en afgesluit met The Beloved van Christophe Honoré. Die openingsfliek van die Un Certain Regard-afdeling was Gus van Sant se Restless. Die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci het ’n ere-Palme d'Or ontvang.[7]
Belangrikste fliekpryse
Rolprent | Regisseur | Land | Prys |
---|---|---|---|
The Tree of Life | Terrence Malick | VSA | Palme d'Or |
Once Upon a Time in Anatolia The Kid with a Bike | Nuri Bilge Ceylan Jean-Pierre, Luc Dardenne | Turkye België | Grand Prix |
Polisse | Maïwenn | Frankryk | Jurieprys |
Arirang | Kim Ki-duk | Suid-Korea | Un Certain Regard |
The Letter | Doroteya Droumeva | Duitsland | Cinéfondation |
Las Acacias | Pablo Giorgelli | Argentinië, Spanje | Caméra d'Or |
Cross | Maryna Vroda | Frankryk, Oekraïne | Kortfilm-Palme d'Or |
Ander In Kompetisie-pryse
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Nicolas Winding Refn | Drive | VSA |
Beste draaiboek | Joseph Cedar | Footnote | Israel |
Beste akteur | Jean Dujardin | The Artist | Frankryk |
Beste aktrise | Kirsten Dunst | Melancholia | Denemarke |
Verwysings
- "Festival de Cannes 2011". festival-cannes.com (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 1 Januarie 2011.
- Hopewell, John; Keslassy, Elsa (6 Januarie 2011). "Robert De Niro to head Cannes jury". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2012. Besoek op 6 Januarie 2011.
- "Robert De Niro to head Cannes Film Festival jury". BBC News (in Engels). 6 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020. Besoek op 6 Januarie 2011.
- "Cannes 2011 : Carla Bruni, Mélanie Laurent et les films attendus!". Yahoo (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2011. Besoek op 5 Maart 2011.
- Leffler, Rebecca (2 Februarie 2011). "Woody Allen's 'Midnight in Paris' to Open Cannes Film Festival". The Hollywood Reporter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op 2 Februarie 2011.
- "Woody Allen's film featuring Carla Bruni opens Cannes Film Festival". RFI. 12 Mei 2011. Besoek op 12 Mei 2011.
- "Bernardo Bertolucci to receive Palme d'Or honour". BBC News (in Engels). 8 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 12 April 2011.
Eksterne skakels
- Fees se amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cannes-rolprentfees 2011.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.