Cannes-rolprentfees 2003
Die 56ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2003 gehou. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Patrice Chéreau was die voorsitter van die jurie. Die Italiaanse aktrise en model Monica Bellucci het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 48 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Cannes-rolprentfees 2003
| ||
Datum | 14-25 Mei 2003 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Monica Bellucci | |
Getal prente | 20 (In Kompetisie) 19 (Un Certain Regard) 9 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Fanfan la Tulipe | |
Afsluitingsfliek | Charlie: The Life and Art of Charles Chaplin | |
Palme d'Or | Elephant |
Die Amerikaanse rolprent Elephant met Gus van Sant as regisseur, wat op die bloedbad by die Columbine-hoërskool geskoei is, het die Palme d'Or gewen.[2][3] Die fees is geopen met Gérard Krawczyk se Fanfan la Tulipe en afgesluit met Charlie: The Life and Art of Charles Chaplin van Richard Schickel.[4]
Belangrikste fliekpryse
Rolprent | Regisseur | Land | Prys |
---|---|---|---|
Elephant | Gus van Sant | VSA | Palme d'Or |
Distant (Uzak) | Nuri Bilge Ceylan | Turkye | Grand Prix |
At Five in the Afternoon (Panj é asr) | Samira Makhmalbaf | Iran | Jurieprys |
The Best of Youth (La meglio gioventù) | Marco Tullio Giordana | Italië | Un Certain Regard |
Osama | Siddiq Barmak | Afganistan | Caméra d'Or |
Run Rabbit Run (Beži zeko beži) | Pavle Vučković | Federale Republiek Joegoslawië | Cinéfondation |
Cracker Bag | Glendyn Ivin | Australië | Kortfilm-Palme d'Or |
Ander pryse
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Gus Van Sant | Elephant | VSA |
Beste draaiboek | Denys Arcand | The Barbarian Invasions (Les Invasions barbares) | Kanada |
Beste akteur | Muzaffer Özdemir, Mehmet Emin Toprak | Distant (Uzak) | Turkye |
Beste aktrise | Marie-Josée Croze | The Barbarian Invasions (Les Invasions barbares) | Kanada |
Verwysings
- "'Fanfan,' Bellucci to open Cannes fest". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Cannes winners in full". BBC News (in Engels). 25 Mei 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
- "A disappointing Cannes finishes with controversial decisions" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Cannes Film Festival 2003 - Preview". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2013. Besoek op 10 Desember 2013.
Eksterne skakels
- Fees se amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cannes-rolprentfees 2003.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.