Cannes-rolprentfees 2002

Die 55ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 15-26 Mei 2002 gehou. Die Amerikaanse regisseur David Lynch was die voorsitter van die jurie. Die Franse aktrise Virginie Ledoyen het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 55 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

  Cannes-rolprentfees 2002 

Datum15-26 Mei 2002
PlekCannes, Frankryk
Aanbieder Virginie Ledoyen
Getal prente 22 (In Kompetisie)
22 (Un Certain Regard)
11 (Kortprente)
Webtuiste Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek Hollywood Ending
Afsluitingsfliek And Now... Ladies and Gentlemen
Palme d'Or The Pianist

Die Pools-Frans-Duits-Britse rolprent The Pianist, met Roman Polanski as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[2] Die fees is geopen met Woody Allen se Hollywood Ending en afgesluit met And Now... Ladies and Gentlemen van Claude Lelouch.[3][4][5][6]

Belangrikste fliekpryse

David Lynch (voorsitter van die jurie).
Roman Polanski (Palme d'Or).
Rolprent Regisseur Land Prys
The PianistRoman PolanskiPole, Frankryk, Duitsland, BrittanjePalme d'Or
The Man Without a Past
(Mies vailla menneisyyttä)
Aki KaurismäkiFinlandGrand Prix
Divine Intervention (Yadon ilaheyya)Elia SuleimanPalestinaJurieprys
After Rain (Eso Utan)Péter MészárosHongaryeKortfilm-Palme d'Or

Ander pryse

Prys Wenner Rolprent Land
Beste regisseurIm Kwon-taek
Paul Thomas Anderson
Painted Fire (Chi-hwa-seon)
Punch-Drunk Love
Suid-Korea
VSA
Beste draaiboekPaul LavertySweet SixteenBrittanje
Beste akteurOlivier GourmetThe Son (Le Fils)België
Beste aktriseKati OutinenThe Man Without a Past
(Mies vailla menneisyyttä)
Finland

Verwysings

  1. "Ledoyen to reign again". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 14 Desember 2013.
  2. "Cannes Film Festival Winners Announced" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2015. Besoek op 12 November 2013.
  3. "Festivals: 2002 Cannes Film Festival Special Screenings Lineup" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 12 November 2013.
  4. "Hollywood Ending gets its international fest premiere before Cannes at San Francisco". Besoek op 12 November 2013.
  5. "Lelouch 'Ladies' to end Cannes". Variety (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2019. Besoek op 12 November 2013.
  6. "Cannes 2002 – A Preview". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2013. Besoek op 12 November 2013.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.