Cannes-rolprentfees 1990
Die 43ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 10-21 Mei 1990 gehou. Die Italiaanse regisseur en draaiboekskrywer Bernardo Bertolucci was die voorsitter van die jurie. Altesaam 51 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Cannes-rolprentfees 1990
| ||
Datum | 10-21 Mei 1990 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 18 (In Kompetisie) 21 (Un Certain Regard) 12 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Dreams | |
Afsluitingsfliek | The Comfort of Strangers | |
Palme d'Or | Wild at Heart |
Die Amerikaanse rolprent Wild at Heart van die regisseur David Lynch het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Akira Kurosawa se Dreams en afgesluit met The Comfort of Strangers van Paul Schrader.[3][4][5][6]
Belangrikste fliekpryse
Prys | Rolprent | Regisseur | Land |
---|---|---|---|
Palme d'Or | Wild at Heart | David Lynch | VSA |
Grand Prix | The Sting of Death (Shi no toge) The Law (Tilaï) | Kōhei Oguri Idrissa Ouedraogo | Japan Burkina Faso |
Caméra d'Or | Freeze Die Come to Life (Zamri, oemri, woskresni!) | Vitali Kanevsky | Sowjetunie |
Jurieprys | Hidden Agenda | Ken Loach | Brittanje |
Kortfilm-Palme d'Or | The Lunch Date | Adam Davidson | VSA |
Ander pryse
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Pavel Lungin | Taxi Blues (Taksi-Blyuz) | Sowjetunie |
Beste akteur | Gérard Depardieu | Cyrano de Bergerac | Frankryk |
Beste aktrise | Krystyna Janda | Interrogation (Przesłuchanie) | Pole |
Verwysings
- Matthews, Jack (21 Mei 1990). "David Lynch's 'Wild at Heart' Wows Cannes : Film: The director intends to cut his violent, profane and erotic movie to get an R rating". Los Angeles Times. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Awards 1990 : All Awards" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2016. Besoek op 10 Desember 2013.
- Patterson, Suzy (9 Mei 1990). "Cannes Film Festival Reflects World Change". Los Angeles Times. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Cannes Festival Opens With Showing Of 'Dreams'" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Kurosawa's "Dreams" Opens Cannes Festival" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Harold Pinter 1930-2008" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 10 Desember 2013.
Eksterne skakels
- Fees se amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cannes-rolprentfees 1990.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.