Cannes-rolprentfees 1980
Die 33ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 9-23 Mei 1980 gehou. Die Amerikaanse akteur en regisseur Kirk Douglas was die voorsitter van die jurie. Altesaam 49 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
![]() | ||
Datum | 9-23 Mei 1980 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 23 (In Kompetisie) 14 (Un Certain Regard) 12 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Fantastica | |
Afsluitingsfliek | I'm Photogenic | |
Palme d'Or | All That Jazz, Kagemusha |
Die Amerikaanse rolprent All That Jazz van die regisseur Bob Fosse en die Japannese Kagemusha van Akira Kurosawa het saam die Palme d'Or gewen.[1][2][3] Die fees is geopen met die regisseur Gilles Carle se Fantastica en afgesluit met I'm Photogenic (Sono fotogenico) van die regisseur Dino Risi.[4][5] Die vertoning van Andrei Tarkovsky se Stalker is onderbreek deur ’n staking deur elektrisiëns.[6]
Belangrikste fliekpryse
![](../I/Kirk_Douglas_(1987).jpg.webp)
Kirk Douglas (voorsitter van die jurie).
![](../I/Akirakurosawa-onthesetof7samurai-1953-page88.jpg.webp)
Akira Kurosawa (medewenner, Palme d'Or).
Prys | Rolprent | Regisseur | Land |
---|---|---|---|
Palme d'Or | All That Jazz Kagemusha | Bob Fosse Akira Kurosawa | Amerika Japan |
Grand Prix | My American Uncle (Mon oncle d'Amérique) | Alain Resnais (naamloos) | Frankryk |
Jurieprys | The Constant Factor (Constans) | Krzysztof Zanussi | Pole |
Caméra d'Or | Adrien's Story | Jean-Pierre Denis | Frankryk |
Kortfilm-Palme d'Or | Seaside Woman | Oscar Grillo | Brittanje |
Tegniese Grand Prix | Le Risque de vivre (buite kompetisie) | Gérald Calderon | Frankryk |
Ander pryse
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste draaiboek | Ettore Scola, Agenore Incrocci, Furio Scarpelli | La terrazza | Italië, Frankryk |
Beste akteur | Michel Piccoli | A Leap in the Dark (Salto nel vuoto) | Italië |
Beste aktrise | Anouk Aimée | A Leap in the Dark (Salto nel vuoto) | Italië |
Verwysings
- "1980 - A man disappears" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Awards 1980 : All Awards". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2016. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Joint Palme d'Or to Akira Kurosawa and Bob Fosse" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
- "Cannes Film Festival" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2018. Besoek op 10 Desember 2013.
- "The closing films at Cannes" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2014. Besoek op 10 Desember 2013.
- "The Ottawa Journal". Besoek op 10 Desember 2013.
Eksterne skakels
- Fees se amptelike webtuiste
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.