Cannes-rolprentfees 1978

Die 31ste Cannes-rolprentfees is van 16-30 Mei 1978 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Tree of Wooden Clogs (L'albero degli zoccoli) deur Ermanno Olmi.[1]

  Cannes-rolprentfees 1978 

Datum16-30 Mei 1978
PlekCannes, Frankryk
Getal prente In Kompetisie: 23
Un Certain Regard: 14
Kortprente: 10
Webtuiste Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek A Hunting Accident
(Moy laskovyy i nezhnyy zver)
Afsluitingsfliek Fedora
Palme d'Or The Tree of Wooden Clogs
(L'albero degli zoccoli)

Die fees is geopen met A Hunting Accident (Moy laskovyy i nezhnyy zver) deur Emil Loteanu[2][3] en afgesluit met Fedora deur Billy Wilder.[4] Die Amerikaanse regisseur en rolprentvervaardiger Alan J. Pakula was die president van die jurie.

In 1978 het ’n nuwe, niemededingende afdeling, "Un Certain Regard", die lig gesien in die plek van "Les Yeux fertiles" (1975-1977), "L'Air du temps" en "Le Passé composé".[5]

Pryse

Alan J. Pakula, president van die jurie.
Ermanno Olmi, wenner van die Palme d'Or.

Van die mense en prente wat in 1978 pryse ontvang het, is:[6]

  • Palme d'Or: The Tree of Wooden Clogs (L'albero degli zoccoli) deur Ermanno Olmi
  • Grand Prix: Bye Bye Monkey (Ciao maschio) deur Marco Ferreri en The Shout deur Jerzy Skolimowski
  • Beste regisseur: Nagisa Oshima vir Empire of Passion (Ai no Bōrei)
  • Caméra d'Or: Alambrista! deur Robert M. Young
  • Beste akteur: Jon Voight vir Coming Home
  • Beste aktrise: Jill Clayburgh vir An Unmarried Woman en Isabelle Huppert vir Violette Nozière

Kortprente

  • Palme d'Or: La Traversée de l'Atlantique à la rame deur Jean-François Laguionie
  • Jurieprys: A Doonesbury Special deur John Hubley, Faith Hubley en Garry Trudeau, en Oh My Darling deur Børge Ring

Verwysings

  1. "31ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 5 Junie 2017.
  2. "At the Movies". nytimes.com (in Engels). 19 Mei 1978. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 14 Julie 2017.
  3. "The opening films at Cannes". vodkaster.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
  4. "The closing films at Cannes". vodkaster.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
  5. "1978 - Cannes, Le Retour (Cannes, The Return)". cannes-fest.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2017. Besoek op 5 Junie 2017.
  6. "Awards 1978: All Awards". festival-cannes.fr (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2016. Besoek op 5 September 2019.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.