Cannes-rolprentfees 1969
Die 22ste Cannes-rolprentfees is van 8-23 Mei 1969 in Cannes, Frankryk, gehou. ’n Nuwe, niemededingende afdeling met die naam Directors' Fortnight is op dié fees bygevoeg na aanleiding van die kansellasie van die 1968-fees.[1] Die Palme d'Or is toegeken aan if.... deur Lindsay Anderson.[2]
Cannes-rolprentfees 1969
| ||
Datum | 8-23 Mei 1969 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 26 in kompetisie 14 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Sweet Charity | |
Palme d'Or | if.... |
Die fees is geopen met Sweet Charity deur Bob Fosse.[3] Die Italiaanse regisseur en draaiboekskrywer Luchino Visconti was die president van die jurie.
Pryse
Van die mense en prente wat in 1969 pryse ontvang het, is:[2]
- Palme d'Or: if.... deur Lindsay Anderson
- Jurieprys: Z deur Costa Gavras (eenparig)
- Spesiale jurieprys: Ådalen 31 deur Bo Widerberg
- Beste regisseur: Glauber Rocha vir Antonio das Mortes en Vojtěch Jasný vir All My Compatriots (Všichni dobří rodáci)
- Beste eerste werk: Easy Rider deur Dennis Hopper
- Beste akteur: Jean-Louis Trintignant vir Z
- Beste aktrise: Vanessa Redgrave for Isadora
Kortprente
- Palme d'Or: Cîntecele Renasterii deur Mirel Ilieşiu
- Spesiale jurieprys: La Pince à ongles deur Jean-Claude Carrière
Verwysings
- "1969 - Année polémique (Year of controversy)". cannes-fest.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
- "22ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019. Besoek op 4 Junie 2017.
- "1969 Cannes Film Festival sweet charity opening film". books.google.com. Besoek op 25 Mei 2017.
Eksterne skakels
- Fees se amptelike webtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.