Candice Swanepoel

Candice Susan Swanepoel (* 20 Oktober 1988) is ’n Suid-Afrikaanse mannekyn wat bekend is vir haar modelwerk vir Victoria’s Secret.

Candice Swanepoel

Lewe en modelloopbaan

Candice Swanepoel is in Mooirivier, KwaZulu-Natal, gebore en is op 15 jarige ouderdom op ’n Durbanse vlooimark as potensiële model raakgesien.[1]Op 16-jarige ouderdom is Candice €5 000 (ZAR40 000) vir ’n dag se werk betaal. Swanepoel het onder andere vir die voorblaaie van Vogue (Griekeland & Italië), ELLE (Duitsland), en Ocean Drive (Verenigde State) [2]en reklame van Nike, Diesel, Guess? en Versus Eyewear geposeer.[2] Swanepoel het ook die loopplank betree vir Tommy Hilfiger, Dolce & Gabbana, Shiatzy Chen, Sass & Bide, Betsey Johnson, Diane von Fürstenberg en vele ander ontwerpers,[2]sowel as vir Victoria's Secret in 2007 tot 2010. Behalwe haar modelwerk by onderkleremaatskappye se kommersiële advertensies, het sy ook gepryk in die 2010 -"SWIM" modelkatalogus,[3] saam met Lindsay Ellingson, Rosie Huntington-Whiteley en Erin Heatherton. In 2010 het Swanepoel ’n Victoria's Secret Angel geword. Swanepoel het ook Kardashian se 2010-reeks swemdrag gemodelleer. Op 12 Augustus 2010 het Swanepoel amptelik die eerste Victoria's Secret-winkel in West Edmonton Mall, Edmonton, Kanada, geopen.[4] Candice Swanepoel is as nommer 61 in die FHM-tydskrif se “100 Sexiest Women in the World” aangewys[5] en het ook op die voorblad van Vogue Italia gepryk.[2]

Swanepoel het ook op No. 10 in Forbes se “The World's Top-Earning Models”-lys geëindig; sy het tussen 2010 en 2011 ’n geraamde $3 miljoen verdien.[6]

Buite die kollig

Swanepoel praat vlot Afrikaans en Portugees[7][8]en gaan met die model Hermann Nicoli uit sedert sy 17 jaar oud is.[9] Hulle is tans verloof.

Verwysings

  1. "Mooiriver magic" (in Engels). Carte Blanche. 29 Mei 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2007. Besoek op 6 Januarie 2008.
  2. "FMD Profile of Candice Swanepoel" (in Engels). Fashionmodeldirectory.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019. Besoek op 3 Julie 2011.
  3. "Go Behind the Scenes of the Victoria's Secret Swim Catalog!" (in Engels). ETonline.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2010. Besoek op 23 Oktober 2011.
  4. Supermodel to open Edmonton Victoria’s Secret. edmontonjournal.com.
  5. "Candice Swanepoel by FHM.com" (in Engels). 4 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2015. Besoek op 23 Oktober 2011.
  6. Blankfeld, Keren; Bertoni, Steven (5 Mei 2011). "The World's Top-Earning Models" (in Engels). Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 11 Mei 2011.
  7. "'Pretendo morar no Brasil', conta a angel Candice Swanepoel. Confira!" (in Portugees). 180graus. 29 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2012. Besoek op 20 Augustus 2011.
  8. "‪Candice Swanepoel para WLM‬‏" (in Engels). YouTube. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2014. Besoek op 3 Julie 2011.
  9. "GQ South Africa" (in Engels). Img208.imagevenue.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2018. Besoek op 11 Julie 2011.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.