Malvabloutjie

'n Malvabloutjie (Cacyreus marshalli) is 'n vlinder in die familie van Bloutjie-skoenlappers (Lycaenidae). Dit staan in Engels bekend as die Geranium bronze.[2]

Malvabloutjie
Malvabloutjie onderkant
Malvabloutjie bokant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Cacyreus
Spesie:
C. marshalli
Binomiale naam
Cacyreus marshalli
Butler, 1898[1]
Verspreidingsgebied van Cacyreus marshalli

Verspreiding

Waarskynlik oorspronklik net in die suidwestelike dele van Suid-Afrika, maar dit het versprei na die res van die land, en selfs na Europa as gevolg van die spesie se aanpassing by gekweekte malvas.[3] Dit word as 'n pes beskou in Spanje en het ook die Verenigde Koninkryk bereik.[4]

Habitat

Parke en tuine, rioolputte, berge, kuslyne, heuwels, vleilande en vlaktes.

Voorkoms

Die vlerkspan van die wyfie is 18–27 mm en dié van die mannetjie is 15–23 mm. Die bokant van die vlerke is bruin. Die onderkant van die vlerk is bruin met wit spikkels en vlekke.

Die malvabloutjie (Cacyreus marshalli) word dikwels verwar met die Cacyreus tespis (waterbloutjie) wat baie dieselfde lyk, maar die bovlerk het nie die blou skynsel wat die waterbloutjie het nie.

Sien ook

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.