CSS
CSS (Engelse afkorting vir Cascading Style Sheets) is 'n maklike manier om die voorkoms van HTML- en XHTML-webblaaie te verander. CSS is deur die W3C ontwerp, en word deur die meeste moderne webblaaiers ondersteun. Die huidige weergawe van CSS is CSS2. Daar word tans aan CSS weergawe 3 gewerk. Dit sal nuwe eienskappe soos border-radius
insluit.
![](../I/Class-header-css3.jpg.webp)
CSS-logo
Een van die voordele van CSS is dat webblaaie vertoon en verstaan kan word, selfs al is die CSS-kode stukkend of nie meer beskikbaar nie.
CSS-kode word gewoonlik in lêers met 'n .css uitbreiding gestoor.
Voorbeeld
Om al die paragrawe op 'n bladsy blou en 20% groter as normale teks te maak, kan die volgende CSS-kode toegepas word:
p {
color: blue;
font-size: 120%;
}
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met CSS. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.